Christen-Demokratiese Appèl

(Aangestuur vanaf Christen-Democratisch Appèl)

Die Christen-Demokratiese Appèl (Nederlands: Christen-Democratisch Appèl, CDA) is 'n Nederlandse Christen-demokratiese politieke party wat in 1980 gestig is. Die Christen-Demokratiese Appèl is uit drie Christelike partye gevorm: die Katolieke Volksparty (KVP), die Anti-Revolusionêre Party (ARP) en die Christelik-Historiese Unie (CHU).

Christen-Democratisch Appèl
CDA
Logo van die betrokke party.
Leier Wopke Hoekstra
Gestig 11 Oktober 1980
Samesmelting van Anti-Revolutionaire Partij, Christelijk-Historische Unie en Katholieke Volkspartij;
Hoofkwartier Partijbureau CDA, Buitenom 18, Den Haag
Jeugvleuel Christen-Democratische Jongeren Appèl
Ideologie Christelike demokrasie, Konserwatisme
Internasionale affiliasie Centrist Democrat International
Amptelike kleure groen
Webblad cda.nl

Die politieke leier is Wopke Hoekstra. Die verkiesings van die nuwe Tweede Kamer op 17 Maart 2021 is deur die Christen-Demokratiese Appèl verloor. Die party het 15 setels behaal (-4).

Van 14 Oktober 2010 tot 5 November 2012 het die CDA met die regs-liberale Volksparty vir Vryheid en Demokrasie (VVD) die Rutte I-kabinet gevorm. Mark Rutte het die amp van Eerste Minister in hierdie minderheidskabinet beklee wat deur die Party vir die Vryheid (PVV) van Geert Wilders gesteun is.

Eksterne skakelsWysig