Ciarán Hinds
Ciarán Hinds (/ˈkɪərən
Ciarán Hinds | |
---|---|
Ciarán Hinds (2022) | |
Gebore | |
Alma mater | Royal Academy of Dramatic Art (1975) |
Beroep | Akteur |
Eggenoot | Hélène Patarot (trou 1987) |
Kinders | Aoife Hinds (dogter) |
Hinds is verdermeer bekend vir sy stemrol "Grand Pabbie", die Trolkoning in die geanimeerde rolprent Frozen en die opvolg daarop, Frozen II (2019). Hy het die rol vertolk van Generaal Zakharow in Red Sparrow (2018). Hy het ook die rol vertolk van "Steppenwolf" in Zack Snyder se Justice League (2017) en die regisseurssnit daarop van 2021. Sy televisierolle sluit in Julius Caesar in die reeks Rome, James Langton in Above Suspicion en Mance Rayder in Game of Thrones. Benewens die bogemelde, het Hinds ook verskyn in seisoen 3 van die reeks Shetland (2016), wat deur ITV vervaardig is. As verhoogkunstenaar het Hinds opgetree saam met die Royal Shakespeare Company, die Royal National Theatre, en ses seisoene saam met die Glasgow Citizens' Theatre.[2][3] Hy het regdeur sy loopbaan verhoogwerk gedoen. In 2020 is hy gelys as nommer 31 op The Irish Times se lys van Ierland se grootste akteurs.[4]
Vroeë lewe
wysigHinds is gebore in 1953 in Belfast, Noord-Ierland, VK. Hy is grootgemaak in sy geboorteland as 'n Katoliek,[5] en was een van vyf kinders en die enigste seun van sy geneeskundige-vader Gerry en sy moeder Moya, 'n onderwyseres en amateuraktrise.[6][7]
In sy jeug was hy 'n danser, en is opgevoed aan die Holy Family Primêre Skool en St Malachy's College. Nadat hy St Malachy's verlaat het, het hy gestudeer aan die College of Business Studies, voordat hy ingeskryf het as regstudent aan die Queen's University Belfast. Hy is egter spoedig oortuig om hom as akteur te bekwaam, waarna hy sy studies aan die universiteit gestaak het en ingeskryf het aan die Royal Academy of Dramatic Art,[8][9][10][11] waar hy in 1975 klaargemaak het.[12]
Persoonlike lewe
wysigHinds woon in Parys saam met sy vrou, die Frans-Viëtnamese aktrise Hélène Patarot. Hulle het in 1987 ontmoet. Hul dogter, Aoife Hinds (gebore in 1991 in Londen) is ook 'n aktrise[13] en het verskyn in die TV-reekse Derry Girls en Normal People en die film Hellraiser (2022).[14]
Pryse en benoemings
wysigJaar | Prys | Kategorie | Werk | Resultaat | Verw |
---|---|---|---|---|---|
1999 | Theatre World Award | Beste Debuut | Closer | Gewen | |
Outer Circle Critics Award | Beste Opvoering, Ensemble rolverdeling | ||||
Drama Desk Awards | Voortreflike Akteur in 'n toneelstuk | Benoem | |||
2003 | Ierse Film- en Televisietoekennings | Beste Ondersteunende Akteur | Veronica Guerin | ||
2004 | Beste Akteur in 'n TV Drama | The Mayor of Casterbridge | Gewen | ||
2007 | Beste Akteur in 'n hoofrol op televisie | Rome | |||
Gotham Awards | Beste Ensemble Opvoering | Margot at the Wedding | Benoem | ||
2009 | Tribeca Filmfees | Beste Akteur as Verteller | The Eclipse | Gewen | [15] |
2010 | Internasionale Dublin Filmfees | Loopbaan-prestasietoekenning | N/A | ||
Ierse Film- en televisietoekennings | Beste Ondersteunende Akteur – Film | The Eclipse | Benoem | ||
Gotham Awards | Beste Ensemble Opvoering | Life During Wartime | |||
2012 | Ierse Film- en televisietoekennings | Beste Ondersteunende Akteur – Film | The Debt | ||
Beste Akteur – Film | Tinker Tailor Soldier Spy | ||||
Central Ohio Film Critics Association | Beste Ensemble Opvoering | Gewen | |||
Gold Derby-toekennings | Ensemble Opvoering | Harry Potter and the Deathly Hallows: Part II | Benoem | ||
2013 | Ierse Film- en televisietoekennings | Beste Ondersteunende Akteur – Film | The Woman in Black | ||
OFTA Televisietoekennings | Beste Gasakteur in 'n dramareeks | Game of Thrones | |||
2014 | Ierse Film- en televisietoekennings | Beste Hoofakteur – Film | The Sea | ||
Behind the Voice Actors Awards | Beste vokale ensemble in 'n film | Frozen | Gewen | ||
2017 | Ierse Film- en televisietoekennings | Beste Akteur in 'n Ondersteunende Rol – Film | Bleed for This | Benoem | |
2018 | Laurence Olivier-toekennings | Beste Akteur in 'n Musiekblyspel | Girl from the North Country | ||
2021 | Ierse Film- en televisietoekennings | Beste Akteur in 'n Hoofrol – Film | The Man in the Hat | ||
National Board of Review-toekennings vir 2021 | Beste Ondersteunende Akteur | Belfast | Gewen | ||
Palm Springs Internasionale Filmfees | Chairman's Vanguard Award | ||||
British Independent Film Awards | Beste Ondersteunende Akteur | Benoem | |||
Washington D.C. Area Film Critics Association | Beste Ondersteunende Akteur | ||||
2022 | Satellite Awards | Beste Ondersteunende Akteur | |||
Screen Actors Guild Awards | Voortreflike Opvoering deur Ensemble-rolverdeling in 'n Rolprent | ||||
Critics Choice Movie Awards | Beste Ondersteunende Akteur | ||||
Beste Ensemble | Gewen | ||||
Hollywood Critics Association | Beste Ondersteunende Akteur | Benoem | |||
Beste Ensemble – Rolverdeling | Gewen | ||||
Golden Globe | Beste Ondersteunende Akteur | Benoem | [16] | ||
Ierse Film- en televisietoekennings | Akteur in 'n Ondersteunende Rol – Film | Gewen | |||
Akteur in 'n Ondersteunende Rol – Drama | KIN | ||||
Britse Akademie-filmtoekennings (BAFTA's) | Beste Ondersteunende Akteur | Belfast | Benoem | [17] | |
Oscars | Beste Ondersteunende Akteur | [18] |
Verwysings
wysig- ↑ "Irish names 101 with actor Ciaran Hinds". Associated Press. 20 Junie 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Desember 2020. Besoek op 17 Oktober 2018.
{{cite news}}
: CS1 maint: bot: original URL status unknown (link) - ↑ "',Jane Eyre', Interview, A&E". Angelfire.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Mei 2012. Besoek op 3 Mei 2011.
- ↑ "',Festive T.V. Back from the Dead', Manchester Online". Ciaranhinds.eu. 22 Desember 2003. Besoek op 3 Mei 2011.
- ↑ Clarke, Donald; Brady, Tara. "The 50 greatest Irish film actors of all time – in order". The Irish Times (in Engels). Besoek op 24 November 2020.
- ↑ Barlow, Helen (25 April 2010). "His mild Irish heart". The Age. Australia. Besoek op 9 September 2010.
- ↑ "Mother of actor Hinds led full life mourners told".
- ↑ "HINDS, Moya : Death : Irish Times". The Irish Times. Besoek op 15 Februarie 2022.
- ↑ [1]Geargiveer 8 Oktober 2007 op Wayback Machine
- ↑ "A Familiar Face". Ciaranhinds.eu. 28 Januarie 2006. Besoek op 3 Mei 2011.
- ↑ "Star Ciarán's early career was a drag". Belfast Telegraph. 3 Februarie 2008. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Junie 2008. Besoek op 3 Mei 2011.
- ↑ "From Belfast to Broadway". The Herald Magazine. Ciaranhinds.eu. 23 Februarie 2008. Besoek op 3 Mei 2011.
- ↑ "RADA 1975". RADA.
- ↑ "Ciarán Hinds – Biography". Ciaranhinds.eu. Besoek op 3 Mei 2011.
- ↑ Lang, Brent (7 Oktober 2021). "'Hellraiser' Reboot Unveils Full Cast, Including Jamie Clayton as Pinhead". Variety. Besoek op 7 Oktober 2021.
- ↑ Dwyner, Michael (2 Mei 2009). "Ciarán Hinds voted best actor at film festival in New York". The Irish Times. Besoek op 4 Desember 2021.
- ↑ Buchanan, Kyle (13 Desember 2021). "Golden Globes Nominations 2022: The Complete List". The New York Times (in Engels (VSA)). ISSN 0362-4331. Besoek op 3 Februarie 2022.
- ↑ "2022 BAFTA nominations: 'Dune' leads with 11, acting categories see major surprises and snubs". AwardsWatch (in Engels (VSA)). 3 Februarie 2022. Besoek op 3 Februarie 2022.
- ↑ "2022". Oscars.org | Academy of Motion Picture Arts and Sciences (in Engels). Besoek op 8 Februarie 2022.
Ander leesmateriaal
wysig- Ciarán Hinds, entretien réalisé par Andréa Grunert,le 16 décembre 2008 http://www.objectif-cinema.com (March 2009) p. 1–10. [Onderhoud in Frans]
- GRUNERT, Andrea. "Ciarán Hinds: Exkursionen ins Reich des Phantastischen" Enzyklopädie des Phantastischen Films. 98ste uitgawe. Meitingen: Corian. Junie 2012. p. 1–11. ISBN 978-3-89048-498-3 [German]
- GRUNERT, Andrea. "Ciarán Hinds, acteur". Jeune Cinéma. uitgawe 361/362. Herfs 2014. p. 62–69. [Frans]
Eksterne skakels
wysig- Ciarán Hinds in die Internet-rolprentdatabasis
- Webwerf wat gewy is aan Hinds se werk op die planke en op skerm
- YouthAction Noord-Ierse—Organisasie wat gesteun word deur Hinds