Klipboegoe
plant spesie
(Aangestuur vanaf Coleonema album)
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Die Klipboegoe (Coleonema album) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Coleonema behoort en deel van die fynbos vorm. Die struik is inheems aan die Wes-Kaap. Die struik word tot 2 m hoog en is kompak met digte blare. Die blare is naaldvormig en ruik soet wanneer dit gekneus word. Die wit blomme is op die punte van takke saamgebondel en is 8 mm in deursnee.
Klipboegoe | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Subkoninkryk: | |
Superdivisie: | |
Divisie: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | C. album
|
Binomiale naam | |
Coleonema album (Thunb.) Bartl. & H.L.Wendl.
|
Die struik groei in sandsteen of granietkoppe langs die kus. In Engels staan die struik as die white confetti bush bekend.
Galery
wysigBronne
wysig- http://redlist.sanbi.org/species.php?species=3365-1
- http://pza.sanbi.org/coleonema-album
- Fotogids tot die Veldblomme van Suid-Afrika, John Manning, Briza Publikasies, ISBN 978 1 920217 01 3