Comoraans
Comoraans (Shikomori of Shimasiwa, letterlik: "taal van die eilande") is 'n Bantoetaal wat deur sowat 922 000 mense op die eilandnasie Comore-eilande in die Indiese Oseaan gepraat word. Dit vorm saam met Arabies en Frans die amptelike tale van die Comore-eilande. Die teks van die Comore-eilande se volkslied, Udzima wa ya Masiwa, is in Comoraans.
Comoraans Shikomori, Shimasiwa | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Comore-eilande Mayotte | |
Gebied: | Oos-Afrika | |
Totale sprekers: | 922 000 (altesaam, sien teks) | |
Taalfamilie: | Niger-Kongo Atlanties-Kongo Volta-Kongo Benue-Kongo Bantoid Suidelike Bantoid Bantoetale Noordoos-Kus-Bantoe Sabaki Comoraans | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet Arabiese alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Comore-eilande | |
Gereguleer deur: | geen | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: |
| |
ISO 639-3: | onderskeidelik:zdj – Ngazidja-dialekwni – Ndzwani-dialekswb – Maore-dialekwlc – Mwali-dialek
| |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Comoraans word met die Latynse alfabet of die Arabiese alfabet geskrewe. Comoraans is nou verwant aan Swahili, die ampstaal van die Oos-Afrikaanse lande Kenia, Rwanda, Tanzanië en Uganda.
Elke eiland van die Comore-eilande het sy eie dialek:
- Grande Comore – Ngazidja, sowat 396 000 sprekers[1]
- Anjouan – Ndzwani, sowat 348 000 sprekers[2]
- Mayotte – Maore, sowat 136 500 sprekers[3]
- Mohéli – Mwali, sowat 41 500 sprekers[4]
In teenstelling met die Comore-eilande word Comoraans in die Franse oorsese gebied Mayotte, wat deur die Comore-eilande opgeëis word, nie as 'n amptelike taal erken nie. Daarbenewens word Comoraans op Madagaskar en Réunion gepraat.
Verwysings
wysig- ↑ "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Ngazidja" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 September 2019. Besoek op 19 Februarie 2018.
- ↑ "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Ndzwani" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Julie 2019. Besoek op 19 Februarie 2018.
- ↑ "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Mwali" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Julie 2019. Besoek op 19 Februarie 2018.
- ↑ "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Mwali" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Julie 2019. Besoek op 19 Februarie 2018.