Craigieburndam
Die Craigieburndam in die Mnyamvuburivier, 'n sytak van die Mooirivier, in KwaZulu-Natal se water word gebruik vir besproeiing en huishoudelike doeleindes.
Craigieburndam | |
---|---|
Amptelike naam | Craigieburndam |
Ligging | naby Greytown |
Provinsie/Land | KwaZulu-Natal, Suid-Afrika |
Koördinate | 29°10′17.9″S 30°17′34.2″O / 29.171639°S 30.292833°O |
Dam in | Mnyamvuburivier |
Doel | Besproeiing en huishoudelik |
Eienaar | Departement van Waterwese |
Soort dam | Kombinasie gravitasie en grondvulling |
Hoogte van wal | 39,9 m |
Lengte van wal | 262 m |
Reservoir | Craigieburndam |
Aktiewe kapasiteit | 23 miljoen m³ |
Damoppervlak | 207,3 ha |
Die dam lê net noordwes van Mount Alida, 32 km oos van Mooirivier op die R622-streeksroete na Greytown. Dit is by die koördinate 29° 10′ 17.9″ suid en 30° 17′ 34.2″ oos en is 1 300 m bo seespieël.
Die wal is gebou in 1963. Dit is 262 m lank, 39,9 m hoog en het 'n volume van 23 miljoen m³. As dit vol is, beslaan die dam 207,3 ha.
In die dam word baars gevang en daar rondom is 'n natuurreservaat.