Georges Cuvier
Georges Léopold Chrétien Frédéric Dagobert Cuvier (Montbéliard, 23 Augustus 1769 – Parys, 13 Mei 1832), was 'n Franse geoloog, patoloog-anatoom, soöloog en paleontoloog. Sy eintlike naam was Johann Leopold Nicolaus Friedrich Kuefer, maar sy moeder noem hom van jongs af al "Georg". Nadat hy in 1819 weens verdienste tot die adelstand verhef is, verfrans hy sy naam tot baron de Cuvier en pas terselfdertyd sy voorname aan.
Georges Cuvier | |
Geboortenaam | Johann Leopold Nicolaus Friedrich Kuefer |
---|---|
Gebore | 23 Augustus 1769 Montbéliard, Frankryk |
Oorlede | 13 Mei 1832 (op 62) Parys, Frankryk |
Nasionaliteit | Frankryk |
Vakgebied | Natuurlike geskiedenis, paleontologie, anatomie |
Instelling(s) | Muséum national d'histoire naturelle |
Bekend vir | stigting van die velde van stratigrafie en vergelykende anatomie; die eerste deeglike, gepubliseerde dokumentasie van fauna-opvolging in die fossielrekord; maak uitwissing 'n aanvaarde wetenskaplike verskynsel; opposisie teen gradualistiese teorieë van evolusie |
Beïnvloed deur | antieke Griekse en Latynse verslae van merkwaardige bene wat tot klip verander is; inheemse Amerikaanse ontdekkings en interpretasies van reusetande, tande en bene |
Invloed op | Étienne Geoffroy Saint-Hilaire |
Hy is in 1832 in Parys aan cholera oorlede.
Publikasies
wysigSy belangrikste werk is Règne Animal distribué d'après son Organisation pour servir de base à l'Histoire Naturelle des Animaux et d'Introduction à l'Anatomie Comparée: 'n sistematiese behandeling van die hele toe bekende diereryk, uit 1817. Cuvier versorg self 'n groot deel van die illustrasies, hy was tewens 'n bedrewe tekenaar gewees.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Georges Cuvier.