Dallas

(Aangestuur vanaf Dallas, Texas)

Dallas is die derde grootste stad in die Amerikaanse deelstaat Texas. Dit is ook die negende grootste stad van die Verenigde State met 1,3 miljoen inwoners. Die metropolitaanse gebied van Houston het 'n bevolking van 6,3 miljoen. Die stad is bekend vir sy ryk oliemaatskappye.[1]

Dallas

Kaart Wapen
Vlag van Dallas
 Land Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
 Deelstaat Texas
 Koördinate 32°47′N 96°48′W / 32.783°N 96.800°W / 32.783; -96.800
 Geïnkorporeer op 2 Februarie 1856
 Oppervlakte:  
 - Totaal 999,2 vk km
 Hoogte bo seevlak 131 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2020-skatting) 1 304 379
 - Bevolkingsdigtheid 1 482,99/vk km
 Tydsone UTC -6 (CST)
 - Somertyd UTC -5 (CDT)
 Burgemeester Eric Johnson (D)
 Amptelike webwerf dallascityhall.com

Dallas ontstaan in 1841 en is na adjunkpresident George M. Dallas genoem. John Neely Bryan bou in dieselfde jaar 'n huisie naby die Trinityrivier en begin 'n veerdiens. Die huisie is steeds in die middel van Dallas te sien.

Op 22 November 1963 is president John F. Kennedy tydens 'n rytoer in Dallas vermoor, vermoedelik deur Lee Harvey Oswald.

Sport

wysig

Dallas was een van die gasheerstede tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1994 en die T20I-wêreldbeker 2024. Tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2026 sal weer wedstryde hier aangebied word.

Besienswaardighede

wysig
  • Sixth Floor Museum in die Dallas County Administrasiegebou, Lee Harvey Oswald het na bewering vanuit die gebou op John F. Kennedy geskiet.
  • Southfork Ranch, woonhuis van die Ewing-familie in die gewilde Dallas-televisiereeks.
  • Nieman-Marcus, winkelgroep wat sy oorsprong hier het.

Sien ook

wysig

Verwysings

wysig
  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

Eksterne skakels

wysig