Datief
naamval | |
nominatief | vokatief |
genitief | ablatief |
datief | instrumentaal |
akkusatief | lokatief |
Die datief is die naamval wat die indirekte voorwerp van 'n werkwoord in 'n sin merk. Dit kom van die Latyn "Cāsus datīvus". Dit word onder meer in Duits, Yslands, Russies en Latyn gebruik. Dit word nie in Afrikaans gebruik nie.
Gebruike
wysigDuits
wysigIn Duits merk die datief die indirekte voorwerp. Dit word ook ná die voorsetsels mit, nach, nebst, samt, seit, von, dank, zu, entsprechend, zufolge, bei, entgegen, außer, aus, gemäß, gegenüber.[1] vereis. Die datief word deur die volgende lidwoorde gemerk:
- Dem-manlik en onsydig definitief
- Der-vroulik definitief
- Den-meervoud definitief
- Einem-manlik en onsydig ondefinitief
- Einer-vroulik ondefinitief
Dit word ook deur die volgende voornaamwoorde gemerk:
- mir-my
- dir-jou
- ihm-hom
- ihr-haar
- ihm-dit
- uns-ons
- euch-julle
- ihnen-hulle
- Ihnen-u
Yslands
wysigIn Yslands word selfstandige naamwoorde wat in die datief is deur die volgende agtervoegsels aangedui:
- -i-manlik enkelvoud
- -um-manlik meervoud
Dit word ook deur die volgende voornaamwoorde aangedui:
- mér-my
- þér-jou
- okkur-ons
- ykkur-julle
- þeim-hulle
Russies
wysigIn Russies word die datief gebruik om die indirekte voorwerp van 'n aksie te wys. Wanneer die voorwerp mosie wys word die datief inplaas van die akkusatief gebruik. Die datief word deur die volgende voornaamwoorde aangedui:
- мне-my
- тебе-jou
- ему-hom
- ему-dit
- ей-haar
- нам-ons
- вам-u/julle
- им-hulle
Pools
wysigPools gebruik die datief in min of meer dieselfde manier as Russies,byvoorbeeld:
- na werkwoorde
- wanneer iets weggevat word of wanneer iets met iemand gebeur
Dit word ook deur die volgende voornaamwoorde aangedui:
- mi/mnie-my
- nam-ons
- ci/tobie-jou
- wam-julle
- mu/jemu/niemu-hom
- jej/niej-haar
- mu/jemu/niemu-dit
- im/nim-hulle
Hongaars
wysigDie datief word in Hongaars gebruik om die indirekte voorwerp van die werkwoord te wys. Die het twee agtervoegsels wat die datief aandui: -nak en -nek. Die datief word ook partykeer vir "vir" gebruik, byvoorbeeld: "Adom neki(ek gee dit vir hom). Dit word ook deur die volgende voornaamwoorde aangedui:
- nekem-my
- neked-jou
- neki-haar/hom
- nekünk-ons
- nektek-julle
- nekik-hulle
Fins
wysigFins het nie 'n afsonderlike datief nie, maar die allatief vervul dieselfde rol as die datief.
Armeens
wysigIn Oos-Armeens word die datief geskep deur 'n lidwoord by die genitief te voeg.
Verwysings
wysig- ↑ "Thema 33. Präpositionen mit dem Dativ". ifu Oostenryk.
Eksterne skakels
wysig- Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir datief.
Naamvalle | ||
---|---|---|
Basies | Absolutief · Akkusatief · Direk · Ergatief · Intransitief · Nominatief · Obliek | |
Adpositioneel | Ablatief | Antessief | Datief | Distributief (–temporaal) | Essief (–formeel · –modaal) · Genitief · Instruktief · Instrumentalis (–komitatief) · Ornatief · Besitte · Possessief · Postpositionaal · Prepositionaal| Prolatief · Prosekutief · Proximatief · Sosiatief · Temporaal · Vialis | |
Lokatief | Ablatief · Adessief · Allatief · Apudessief · Assosiatief · Komitatief · Delatief · Elatief · Exessief · Illatief · Inelatief · Inessief · Intratief · Latief · Lokatief · Perlatief · Subessief · Sublatief · Superessief · Superlatief · Terminatief · Translatief | |
Comparatief | Comparatief · Equatief | |
Evaluatief | Aversief · Benefaktief · Evitatief | |
Ander | Abessief · Addirektief · Adelatief · Adverbiaal · Caritief · Kousaal (–finaal) · Finaal · Modaal · Multiplikatief · Partitief · Pegatief · Privatief · Postelatief · Postdirektief · Postessief · Separatief · Subdirektief · Suppressief · Vokatief |