David Attenborough

David Attenborough (8 Mei 1926-) is 'n Britse natuurkundige en TV-persoonlikheid. Hy het talle TV-programme oor die natuur en diere oor die wêreld gemaak. Dit sluit in Life on Earth (1978), The Living Planet (1983), The Blue Planet (2001) en Life of Mammals (2002). Hy is in 1974 tot Kommandeur in die Orde van die Britse Ryk benoem en ontvang in 1980 'n Bafta Fellowship Award.[1][2]

David Attenborough
David Attenborough in 2003
Gebore
David Frederick Attenborough

8 Mei 1926 (1926-05-08) (98 jaar oud)
Isleworth, Londen
NasionaliteitVlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Alma materUniversiteit van Cambridge
BeroepNatuurkundige, TV-persoonlikheid
Bekend virNatuurprogramme
TitelSir
EggenootJane Elizabeth Ebsworth Oriel
KindersRobert en Susan

Biografie

wysig
 
Sirdavidia solannona
 
Trigonopterus attenboroughi

David Frederick Attenborough is op 8 Mei 1926 in Londen gebore en word in Leicester groot. Hy is die jonger broer van die Britse akteur en rolprentmaker Richard Attenborough en die ouer broer van John Attenborough, 'n uitvoerende bestuurder in die motorbedryf. Tydens die Tweede Wêreldoorlog het sy ouers twee Joodse vlugteling-meisies aangeneem.[3]

Attenborough het al van kindsbeen fossiele, klippe en ander voorwerpe uit die natuur versamel. Hy voltooi sy skoolloopbaan aan die Wyggeston Grammar School for Boys, waarna hy in 1945 'n beurs wen om aan die Clare College, 'n kollege van die Universiteit van Cambridge, te studeer. Hy studeer daar geologie en dierkunde en verwerf 'n graad in die natuurwetenskappe. In 1947 is hy vir diensplig in die Britse Vloot opgeroep en was twee jaar in Noord-Wallis en die Firth of Forth gestasioneer.

In 1950 trou hy met Jane Elizabeth Ebsworth Oriel. Twee kinders, Robert en Susan, is uit die huwelik gebore. Sy is egter in 1997 oorlede.

Ná afloop van sy diensplig begin Attenborough by 'n uitgewery te werk, waar hy die redakteur van wetenskaphandboeke vir kinders was. In 1950 doen hy aansoek vir 'n werk as radiovervaardiger by die BBC. Hy het nie die werk gekry nie, maar is wel opleiding van 3 maande aangebied. In 1952 sluit hy voltyds by die BBC aan.

Spesies

wysig

Verskeie spesies is na hom genoem, onder andere die mierystervark Zaglossus attenboroughi, die akkedis Platysaurus attenboroughi, die karnivoriese plant Nepenthes attenboroughii, die Ecuadoriaanse boom Blakea attenboroughi, die spinnekop Prethopalpus attenboroughi en drie fossiele: die treksprinkaan Electrotettix attenboroughi, die plesiosauriër Attenborosaurus conybeari en die vis Materpiscis attenboroughi.

Filmografie

wysig
 
Attenborough en Stan Trauth gesels oor salamanders op die stel van Life in Cold Blood in 2005.
 
Attenborough tydens die verfilming van 'n dokumentêre program by die Kennedy-ruimtesentrum.
  • Life on Earth (1979)
  • The Living Planet (1984)
  • The Trials of Life (1990)
  • Life in the Freezer (1993)
  • The Private Life of Plants (1995)
  • The Life of Birds (1998)
  • The Life of Mammals (2002)
  • Life in the Undergrowth (2005)
  • Life in Cold Blood (2008)
  • David Attenborough's Life Stories (2009)
  • David Attenborough's New Life Stories (2011)
  • Drawn From Paradise: The Discovery, Art and Natural History of the Birds of Paradise (2012) – met Errol Fuller

Verwysings

wysig
  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  2. "Television—Fellowship in 1980" (in Engels). British Academy of Film and Television Arts. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Maart 2019. Besoek op 19 Februarie 2016.
  3. "David Attenborough Biography" (in Engels). Bio/A&E Television Network, LLC. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Junie 2018. Besoek op 19 Februarie 2016.

Eksterne skakels

wysig