Dek
Die dek van 'n skip is die horisontale afskeiding tussen die verskillende kompartimente. Die belangrikste dek is die weerdek wat die romp aan die bokant bedek. Naas die dekkingsfunksie dra die dek ook by tot die skeepsterkte. By sommige skepe word die grootste deel van die weerdek deur groot openinge ingeneem. Die oorblywende deel in die sye, of boorde, word die gangboord genoem.
Sien ook
wysigHierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wikipedia vertaal. |