Desiré Gardner
Desiré Gardner, neé Manthey, gebore 15 Desember 1985, Bethlehem, Vrystaat is 'n Suid-Afrikaanse aktrise. Sy was aanvanklik bekend as Desiré Manthey, maar het haar van na Gardner verander, haar man, Chris, s'n.[1] Sy is veral bekend vir haar rol as die verpleegster Daleen Oosthuizen in die kykNET-sepie Binnelanders, waarin sy tot Desember 2015 gespeel het.[2] Daarna het sy in Suidooster, ook op kykNET, begin speel.
Desiré Gardner | |
Geboorte | 15 Desember 1985 Bethlehem |
---|---|
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep(e) | Aktrise |
Toekennings | Golden Horn Award for Best Supporting Actress in a Feature Film - Roepman - 2012 |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Sy begin haar skoolloopbaan in Bloemfontein en matrikuleer in 2003 aan die Hoërskool Noordheuwel in Krugersdorp. In 2006 voltooi sy haar B.A.-graad in Drama aan die Universiteit van Pretoria. Sy ontvang lidmaatskap van die Golden Key-groep wat die 15% beste studente vanuit universiteite werf in 2004. In 2007 voltooi sy haar sertifikaat in Film-opleiding by Starstruck – School of Acting. Na haar studies het Gardner vir 'n maatskappy gewerk wat poppekasteater vir voorskoolse kinders en kinderpartytjies gedoen het. In Junie 2007 het sy die rol van Fly vertolk in die produksie, Babe, by die People’s Theatre.
In 2008 het sy die rol van Ansie in die SABC2-sepie, 7de Laan, vertolk. In April 2008 het sy die rol van Daleen in Binnelanders vertolk en het die produksie in 2015 verlaat om by die kykNET-sepie Suidooster aan te sluit wat in Kaapstad verfilm word.
Persoonlike lewe
wysigDesiré het twee kinders, Robin en James en woon in Melkbosstrand in die Wes-Kaap.
Film
wysig- Oorgang; kort film; vertolk die rol van Jean (2016)
- Van Agter die Deur; kort film; vertolk die rol van Liza Muller (2015)
- Wolwedans in die skemer, vertolk die rol van Adelle (2015)
- Roepman, vertolk die rol van Erika Rademan (2011)
- These are People, vertolk die rol van ʼn lugwaardin
Televisie
wysig- Proesstraat, speel haarself
- 7de Laan, vertolk die rol van Ansie
- Usindiso, vertolk die rol van Melinda
- Binnelanders; Seisoen 4 tot 11; Vertolk die rol van Daleen Oosthuizen (2008 – 2015)
- Suidooster; Seisoen 1 tot 5; vertolk die rol van Carmen (2015 – tans)
Teater
wysig- Magda Louw, vertolk die rol van Magda; regie: Hannes van Wyk
- Gepiekel, vertolk die rol van Laura; regie: Henry Milne
- Noises Off!, vertolk die rol van Belinda/Flavia; regie: Pieter Bosch Botha
- Parys Suite, vertolk verskeie rolle; regie: Abri le Roux
- Hardloop Dominee, vertolk die rol van Mev. Dominee; regie: Shareen Swart
- Frog Prince and Other Stories, vertolk verskeie rolle; regie: Keith Smith & Jill Gerhard
- Babe, vertolk die rol van Fly; regie Keith Smith & Jill Gerhard
- Heidi, vertolk die rol van Heidi; regie Pieter Barnard
- Beld, vertolk die hoofrol (eenvrouvertoning); regie Jurgens N. Smuts
- Our Town, vertolk die rol van Emily; regie: Abri le Roux
- Chamber Music, vertolk die rol van Pearl White; regie: Rian Terreblanche
Toekennings
wysig- Tempo-nominasie: Beste Aktrise in 'n sepie, vir Binnelanders (2015)
- SAFTA-nominasie: Beste Aktrise in 'n sepie, vir Binnelanders (2015)
- Tempo-nominasie: Beste Aktrise in 'n sepie, vir Binnelanders (2014)
- Tempo-nominasie: Beste Aktrise in 'n sepie, vir Binnelanders (2013)
- SAFTA-toekenning: Beste Ondersteunende Aktrise, vir die film Roepman (2012)
Bronnelys
wysig- https://www.tvsa.co.za/actors/viewactor.aspx?actorid=11188
- https://s3-eu-west-1.amazonaws.com/content.portfoliopad.com/images/9446/928270/Bio/CV_Desire__Gardner.pdf?AWSAccessKeyId=AKIAI7DDKYEH73YBC5NA&Expires=1584518362&Signature=ZVz9AchN0AhhnwFy8yh9JIQASF8%3D
- https://www.vrouekeur.co.za/bekendes/12-vrae-aan-desire-gardner
- https://www.netwerk24.com/Sarie/Bekendes/Het-Jy-Gehoor/desire-gardner-se-nagmerrie-20170914
- https://www.simonrademan.co.za/celebrity_bride_desire_manthey.htm
- https://www.imdb.com/name/nm4146913/
Verwysings
wysig- ↑ Sy van of my van? Desiré Gardner vertel, Sarie, Augustus 2011
- ↑ (af) Desiré Gardner groet Binnelanders. URL besoek op 24 Augustus 2016.