Melkbosstrand
Melkbosstrand (of Melkbos, soos algemeen bekend) is 'n kusdorp en strand met ongeveer 12 000 inwoners, wat op die weskus van Suid-Afrika, 35 km vanaf Kaapstad geleë is.
Melkbosstrand | |
---|---|
Voorstad | |
Melkbosstrand | |
Byname: Melkbos | |
Koördinate: 33°43′29″S 18°26′45″O / 33.72472°S 18.44583°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Wes-Kaap |
Metropolitaanse Munisipaliteit | Stad Kaapstad |
Hoogte | 6 m (20 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 11 586 |
Tydsone | UTC+2 (SAST) |
Poskode | 7437 (Busse) 7441 (Strate) |
Skakelkodes | 021 |
Die dorp is vernoem na die melkbos (Euphorbiaceae) wat op die nabygeleë duine groei. Die stingels van die melkbos bevat 'n melkerige taai sap. Die dorp en sy 7 km wit sandstrand is aan die Atlantiese kus geleë. Die strand is veral gewild onder branderplankryers. Die SAFE (South Africa-Far East) en SAT-3/WASC (South Atlantic/West Africa) ondersese optiese vesel kabels kom hier aan land.
Melkbosstrand is deel van die Stad Kaapstad en is naby Bloubergstrand en Atlantis geleë.