Diamond Way-Boeddhisme
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Diamond Way-Boeddhisme is ’n leke-organisasie binne die Karma Kagyu-skool van Tibettaanse Boeddhisme. Die eerste Diamond Way-Boeddhistesentrum is in 1972 deur die lama Ole Nydahl en sy vrou, Hannah, gestig. Ole Nydahl staan onder die geestelike leiding van Trinley Thaye Dorje, een van die twee aanspraakmakers op die titel 17de Karmapa.
Daar is tans sowat 650 Diamond Way-Boeddhistesentrums wêreldwyd, onder meer in Kaapstad en Johannesburg, Suid-Afrika.
Eksterne skakels
wysig- Diamond Way-Boeddhistesentrums in Suid-Afrika Geargiveer 3 April 2015 op Wayback Machine
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia