Die Provoos

historiese gebou en voormalige militêre tronk in Grahamstad, Suid-Afrika

Die Provoos, destyds ‘n militêre gevangenis in Grahamstad, het ‘n besondere boustyl en geskiedenis en is daarom ‘n unieke gedenkwaardigheid.[1] Saam met die langsaan geleë versterkte drosdyterrein, die Drosdyhek en Fort Selwyn was dit deel van sir Benjamin D’Urban se beskermingsplan vir die dorp tydens die Kaapse grensoorloë.[1]

Die Provoos
Skets van die uitleg.

Ligging

wysig

Die gebou is in Lucaslaan by 33° 18′ 53.75″ suid, 26° 31′ 11.24″ oos en tussen die ou militêre hospitaal en die Makana Botaniese Tuin en vorm nou deel van die Albanie-museum.[1]

Gebou

wysig

Daar is 8 selle van elk ongeveer 2 m by 3 m in ’n sirkelsegment om ‘n binnehof. In die middelpunt is ‘n toring met die waglokaal met uitsig op die selle, die binneplein en die voordeur van die gevangenis. Ook is daar slaapplek vir die sipiers in die toring. Waarskynlik is die unieke gebou opgerig deur die Royal Engineers onder leiding van en na ‘n plan deur maj. Charles Selwyn gebaseer op Jeremy Bentham se ontwerp bekend as ‘n panoptikum uit 1787 vir ‘n Russiese prins.

Geskiedenis

wysig

Die gebou is in Januarie 1838 haastig voltooi om die eerste gevangenes te huisves, naamlik ‘n groep van 20 opstandige Khoikhoi-soldate van die Kaapse Korps op Fort Peddie.[1] Daarna is dit vir die grootse deel van die 19de eeu as tronk gebruik.

Monument

wysig

In 1937 is die gebou tot monument verklaar en in 1982 en 1983 gerestoureer.[1] Sedertdien is dit ‘n teekamer onder beheer van die Albany-museum. By die voltooiing van die herstelwerk het die poskantoor ‘n 1c-posseël uitgereik wat die ou tronk uitbeeld.

Verwysings

wysig
  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 "Provost Building details". artefacts.co.za (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Junie 2024. Besoek op 21 Oktober 2024.