Die Seks
Afrikaanse musiekgroep van Bellville
Die Seks is 'n Afrikaanse musiekgroep van Bellville in die Wes-Kaap. Die Seks bestaan uit Christo van Wyk, Nicolaas van Wyk, Dewald Gerber, Calvin Siderfin, en Pieter Fabricius. Die groep is in die middel van 2007 begin en het 'n debuut-EP, Geeste van Heimwee, in Junie 2008 vrygestel. In September 2008 is hul eerste enkelsnit "Versigtig verslaaf" se musiekvideo op die Afrikaanse musiekkanaal MK uitgesaai.
Die Seks | |
---|---|
Oorsprong | Bellville, Wes-Kaap (Suid-Afrika) |
Genres | Pop, emo |
Jare aktief | 2007 tot hede |
Lede | Christo van Wyk Nicolaas van Wyk Dewald Gerber Calvin Siderfin Pieter Fabricius |
- Hierdie artikel handel oor die musiekgroep; vir menslike geslagsomgang, sien seks.
Die Seks beskryf hulself as pop/rock. Hul musiek bevat kenmerkende elemente van die emo-musiekgenre, soos onder meer die verwringde kitaarriwwe wat dalend gespeel word om die negatiewe te beklemtoon, asook duistere lirieke waarin donker onderwerpe herhaaldelik voorkom.
Diskografie
wysigEP's
wysig- Geeste van heimwee (2008)
Eksterne skakels
wysig- myspace.com/dieseksmusiek Die Seks op MySpace
- Geeste van Heimwee Geargiveer 1 Desember 2008 op Wayback Machine op Musiek.co.za (Rhythm Online)