Diego Velázquez
Diego Velázquez (6 Junie 1599 – 6 Augustus 1660) was 'n Spaanse skilder en die voorste skilder aan die hof van koning Filips IV. Hy was 'n individualistiese kunstenaar van die destydse baroktydperk en 'n belangrike portretskilder. Hy het talle skilderye geskep wat vandag van geskiedkundige en kulturele belang is, asook 'n groot aantal portrette van die Spaanse koninklike familie, ander noemenswaardige Europese figure en alledaagse mense. Las Meninas, 'n 1656-skildery, word nie slegs as Velázquez se meesterwerk beskou nie, maar ook onder die belangrikste werke in die Westerse kunsgeskiedenis gereken.
Diego Velázquez | |
---|---|
Geboortenaam | Diego Rodríguez de Silva y Velázquez |
Gebore | Sevilla, Spanje | 6 Junie 1599
Sterf | 6 Augustus 1660 (op 61) Madrid, Spanje |
Nasionaliteit | Spanje |
Veld | Skildery |
Beweging | Barok |
Werke | Las Meninas, 1656 Rokeby Venus, 1644–1648 La rendición de Breda, 1634–1635 |
Velázquez se kunswerke het reeds vanaf die eerste kwart van die 19de eeu as model vir realistiese en impressionistiese skilders gedien, veral Édouard Manet. Sedert die tyd het moderner kunstenare, waaronder Spanje se Pablo Picasso en Salvador Dalí, asook die Anglo-Ierse Francis Bacon huldebetuigings aan Velázquez gebring deur verskeie van sy bekendste werke te herskep.
Bibliografie
wysig- Diego Velazquez. In: Lantern. Tydskrif vir Kennis en Kultuur. Jaargang 11, nr. 2, Desember 1961