Dine van Zyl
Suid-Afrikaanse skrywer
Dine van Zyl is 'n bekroonde Afrikaanse skrywer, uitgewer en vryskutjoernalis. Van Zyl het verskeie boeke, veral kookboeke geskryf. Haar artikels is in 'n wye spektrum van Afrikaanse koerante en tydskrifte gepubliseer. Sy was ook die aanbieder van die TV-reeks "Boerekos met Dine van Zyl" op KykNET.
Dine van Zyl | |
---|---|
Gebore | 4 Mei 1953[1] |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep | Skrywer, uitgewer, joernalis |
Eggenoot | Graham McCleland eggenoot |
Ouer(s) | Pon en Annette van Zyl |
Biografie
wysigDine van Zyl is in 1953 op Robertson gebore. Haar pa was Pon van Zyl, 'n wynmaker en die eerste bestuurder van die Robertson Koöperatiewe Wynmakery. Sy matrikuleer aan die Hoërskool Robertson en behaal 'n B.A.-graad aan die Universiteit Stellenbosch. Sy het ook 'n Diploma in Verkoopsbestuur van die Kamer van Koophandel.
Van Zyl woon tans in Rooiels in die Overstrand en is met die verkoelingsingenieur, Graham McCleland getroud.
Publikasies
wysig- Nie-fiksie
- Prof. C.J. Theron – Pionier van ons Wynbou (1982). Saayman en Weber
- Afval en Afvalligheidjies (1983). Saayman en Weber. Herdruk 2011
- Potjiekos (1983). Saayman en Weber
- The Potjiekos Cookbook (1984). Saayman en Weber
- Boerekos (1985). Human & Rousseau
- The Woman’s Value Book on Traditional South-African Food (1985). Human & Rousseau
- Agter die Lekker aan (2007). Dine van Zyl Publikasies
- Nog 'n stukkie (2010). Dine van Zyl Publikasies
- Die Groot Boerekosboek (2012). Dine van Zyl Publikasies; ISBN 978-0-620-50278-8
- The Great Boerekos Book (2012). Dine van Zyl Publikasies
- Die groot Boerekosboek 2 (2013). Dine van Zyl Publikasies; ISBN 978-0-620-56019-1
- The great Boerekosboek 2 (2013). Dine van Zyl Publikasies; ISBN 978-0-620-56020-7
- Fiksie
- Annerkant-die-berg (1998). Tafelberg Uitgewers
- Slagoffers (2001). Tafelberg Uitgewers
Toekennings
wysig- Toekennings vir publikasies
- 2001: W.A. Hofmeyr-prys vir die beste Afrikaanse letterkundige werk.
- 2002: Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns Eugène Maraisprys vir Literatuur
- 2003: Spesiale vermelding: Noma-toekenning (Afrika Literatuur, toegeken deur Oxford Universiteit).
- 2005: Finalis – Mondi Joernalis van die Jaar-prys.
- 2006: Twee nominasies as Mondi Joernalis van die Jaar.
- 2008: Gourmand Best Cookbook in the World (Agter die lekker aan)
- 2013: Suid-Afrikaanse wenner: Gourmand Best Cookbook in the World (Die Groot Boerekosboek)
- Toekennings vir radiowerk
- 1985: Artes vir beste programmaker
- 1986: Akademie vir Wetenskap en Kuns: SAUK-prys vir Afrikaanse Hoorbeelde.
- Toekennings vir televisiewerk
- 2013: ATKV Mediaveertjie vir beste televisie aanbieder in ‘n lewenstyl- of kosprogram.
- Ander toekennings
- 2013: Eretoekenning van die VLV van die Kaapland Sirkel Overberg vir bydrae tot die Overbergse en Strandveldse Koskultuur.
- 2013: Een van 20 mees uitsonderlike vroue in Suid-Afrika: ATKV
Verwysings
wysig- ↑ Profiel op stellenboschwriters.com, besoek op 21 Mei 2014
Eksterne skakels
wysig- Van Zyl se webtuiste Geargiveer 16 Mei 2014 op Wayback Machine