Dirk Hermann

Suid-Afrikaanse aktivis en skrywer

Dr. Dirk Hermann het in Heilbron in die Vrystaat grootgeword. Hy is ‘n PhD-gegradueerde in Bedryfsosiologie van die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys waar hy ook as die vise-president van die konvokasie van die universiteit gedien het. In 1997 is hy as ’n Solidariteit-organiseerder in Pretoria aangestel en het later die vakbond se hoof van kommunikasie in die vakbondhoofkwartier in Braamfontein, Johannesburg, geword. Hermann het ook ‘n aantal studies oor arbeidsaangeleenthede, wat onder andere oor kwessies soos regstellende aksie in die werkplek handel, gepubliseer. Daarby het hy ‘n termyn as direkteur van Akademia, die privaat universiteit wat deur Solidariteit gestig is, gedien. In 2014 het hy die hoof uitvoerende beampte van Solidariteit geword.

Skryfwerk

wysig

Dr. Hermann het vier boeke geskryf:

  • The Naked Emperor: Why Affirmative Action Has Failed[1]
  • Affirmative Tears: Why Representivity Does Not Equal Equality[2]
  • Basta! Ons voetspore is in Afrika[3]
  • Land of Sorrow: 20 Years of Farm Attacks in South Africa[4]

Sien ook

wysig

Verwysings

wysig
  1. Hermann, Dirk (2007). Why affirmative action has failed. Protea. ISBN 9781869191436.
  2. Hermann, Dirk (2013). Why representivity does not equal equality. Kraal. ISBN 9780987025685.
  3. Hermann, Dirk (2011). Basta! Ons voetspore is in Afrika. Kraal. ISBN 9780981400969.
  4. Hermann, Dirk (2011). Land of sorrow: 20 years of farm attacks in South Africa. Kraal. ISBN 9780981400969.

Bronnelys

wysig
  • MWU Argief, Pretoria, Notule van die Vergadering van die Algemene Raad, 27-28.1.1998, pp. 75-76.
  • Ibid., Notule van die Vergadering van die Algemene Raad, 26-27.1.1999, p. 34.
  • L Backer, “Revive and reinvent. MWU-Solidarity’s plans for growth”, Woord en Daad, 200, April 1979, p. 69.
  • MWU News, December 1997, p. 2 (Top kenner by MWU aangestel).
  • Anon., “Labour 30 years on…”, South African Labour Bulletin, 27 (4), August 2003, p. 11.
  • MWU Nuus, September 2000, p. 3 (D Hermann, Institutional racism in the workplace).
  • Solidarity Magazine, No 6, 2007, p. 12 (Jaco Kleynhans, “Keiser het land aan’t gons”).
  • Ibid., 2014, p. 68 (Nuwe tye bring nuwe leierstrukture vir Solidariteit).