Djedda-straatrenbaan
Die Djedda-straatrenbaan (Arabies: حلبة شارع جدة) is 'n nuwe motorrenbaan wat in die Rooisee-hawestad Djedda in Saoedi-Arabië gebou is. Die baan het die eerste Saoedi-Arabiese Grand Prix gehuisves, wat op 5 Desember 2021 as die voorlaaste ren op die Formule Een-seisoenkalender van 2021 plaasgevind het,[2] en daarna jaarliks.
Ligging | Djedda, Saoedi-Arabië |
---|---|
Tydsone | UTC+03:00 |
Koördinate | 21°37′55″N 39°6′16″O / 21.63194°N 39.10444°O |
FIA Gradering | 1 |
Groot byeenkomste | Formule 1 Saoedi-Arabiese Grand Prix (2021) Formule 2 Jeddah Formule 2 (2021) |
Lengte | 6,175 km |
Draaie | 27[1] |
Geskiedenis
wysigDjedda is aangewys as die 'vinnigste straatbaan' op die Formule Eenkalender waar Formule Eenmotors gemiddelde snelhede van meer as 250 km/h (160 mpu) haal. Die baan is die tweede langste baan op die Formule Een-kalender, met slegs Spa-Francorchamps in België wat langer is. [3]
Die baan is op die Djeddastrook wat aan die Rooisee grens gebou.[4] Die baan is deur Carsten Tilke, seun van die bekende Hermann Tilke, ontwerp. [5]
Verwysings
wysig- ↑ "Fastest ever F1 street circuit revealed for Saudi Arabian Grand Prix in Jeddah". Formula1.com (in Engels). 18 Maart 2021. Besoek op 18 Maart 2021.
{{cite web}}
: AS1-onderhoud: url-status (link) - ↑ "F1 schedule 2021: Formula 1 announces provisional 23-race calendar for 2021". Formula1.com. 10 November 2020. Besoek op 10 November 2020.
- ↑ "Fastest ever F1 street circuit revealed for Saudi Arabian Grand Prix in Jeddah". Formula1.com (in Engels). 18 Maart 2021. Besoek op 18 Maart 2021.
- ↑ "F1 adds Saudi Arabian Grand Prix night race to 2021 calendar". Formula1.com (in Engels). 5 November 2020. Besoek op 5 November 2020.
- ↑ Rencken, Dieter; Collantine, Keith (13 November 2020). "Saudi Arabian GP promoter appoints Tilke to design "exciting" Jeddah street circuit". RaceFans. Besoek op 16 November 2020.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Djedda-straatrenbaan.