Edith Picht-Axenfeld
Edith Picht-Axenfeld (1 Januarie 1914, Freiburg im Breisgau[1] – 19 April 2001, Hinterzarten[2]) was 'n Duitse pianis en klavesimbelspeler.
Loopbaan
wysigPicht-Axenfeld het in 1935 haar loopbaan begin as konsertpianis, en twee jaar later deelgeneem aan die III Internasionale Chopin Klavier-kompetisie, waartydens sy die sesde prys ontvang het;[3][4] wat 'n hupstoot aan haar loopbaan gegee het. Na die Tweede Wêreldoorlog het Picht-Axenfeld op interkontinentale vlak klavier gespeel. Sy was ook 'n kamermusiek musikant en het opnames gemaak vir plaatetikette soos Deutsche Grammophon, Philips en Erato.[3] RCA het 'n LP vrygestel van Chopin se Études op. 10 en op. 25, met Picht-Axenfeld voor die klavier.[5]
Picht-Axenfeld is in 1936 met professor van filosofie, Georg Picht, getroud.[4] Hulle het saam sewe kinders gehad, waaronder Robert Picht.[6]
Invloed as onderwyseres
wysigSy het van 1947 tot 1979 onderwys gegee aan die Staatliche Hochschule für Musik in Freiburg im Breisgau.[4] Verskeie pianiste en ook komponiste soos Manfred Stahnke, maak melding van haar as 'n belangrike invloed.[7]
Opnames
wysigHaar opname uit 1968 van Bach se Goldberg Variasies[8][9] word beskou as 'n gesaghebbende interpretasie van die werk, en sy beskik steeds oor 'n groot groep toegewyde luisteraars wat verskeie van haar albums op YouTube gelaai het.[10]
Verwysings
wysig- ↑ Adam, Johannes (31 Desember 2013). "Edith Picht-Axenfeld, Bachs Botschafterin". Badische Zeitung (in Duits). Freiburg. Besoek op 9 Maart 2020.
- ↑ "Edith Picht-Axenfeld". Der Spiegel (in Duits). Hamburg. 30 April 2001. Besoek op 9 Maart 2020.
- ↑ 3,0 3,1 Dybowski, Stanisław. "Fryderyk Chopin - Information Centre - Edith Picht-Axenfeld - Biography". en.chopin.nifc.pl. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Julie 2021. Besoek op 17 Januarie 2023.
- ↑ 4,0 4,1 4,2 Budde, Elmar (2016). "Picht-Axenfeld, Edith". MGG Online. Die Musik in Geschichte und Gegenwart.
- ↑ OCLC 909206132
- ↑ Brachmann, Jens (2015). Reformpädagogik zwischen Re-Education, Bildungsexpansion und Missbrauchsskandal: Die Geschichte der Vereinigung Deutscher Landerziehungsheime 1947-2012. Julius Klinkhardt. p. 135. ISBN 9783781520677.
- ↑ "Manfred Stahnke". KDG Online. (2007). Komponisten der Gegenwart.
- ↑ "complete Goldberg Variations BWV 988". Youtube. Besoek op 25 November 2018.
- ↑ OCLC 727050629
- ↑ "Edith Picht-Axenfeld on Youtube". Youtube Search.