Ek lief jou
Ek lief jou is 'n Afrikaanse rolprent wat op 3 Junie 2011 in teaters dwarsoor Suid-Afrika begin draai het. Groot dele van die dialoog is ook in Nederlands en Engels en die rolprent is van Engelse onderskrifte voorsien. Die rolprent is op Naboomspruit, Krugersdorp, die O.R. Tambo Internasionale Lughawe en in België geskiet. Die ouderdomsperk is 10 jaar.[1][2]
Ek lief jou | |
---|---|
Regisseur | Ate de Jong |
Draaiboek | Anton Ernst |
Met | Kurt Darren, Ilse De Vis, Christina Storm, Jenny Louw, Kevin Leo, Andre Frauenstein |
Musiek deur | Mauritz Lotz |
Ateljee | Makadi |
Uitgereik | 3 Junie 2011 |
Speeltyd | 95 minute |
Land | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans (ook Nederlands, Engels) |
Genre
wysigDie rolprent is 'n romantiese komedie. Anders as verwag is dit nie 'n musiekblyspele nie, en daar word glad nie so baie in die fliek gesing nie.
Hoofrolspelers
wysig- Kurt Darren as Dirk de Jong
- Ilse De Vis as Anna de Clerck, 'n Belgiese aktrise
- Christina Storm as Lisa Snyders
- Jenny Louw
- Kevin Leo
- André Frauenstein as Dirk se halfbroer Danie
- Gerrie Pretorius as Neels
en andere.
Storielyn
wysigSanger Dirk de Jong is op soek na die perfekte meisie om in 'n nuwe video te verskyn. Intussen is 'n Belgiese joernalis besig om die gebeure te rapporteer. Teen die einde vind hulle mekaar en Dirk "ontsnap" uit sy stormagtige verhouding.
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ Kyk hier! Kurt Darren-fliek, Ek lief jou, se lokprent!, Sarie, April 2011.
- ↑ flieks: Liefde blom in die Bosveld Geargiveer 9 Junie 2011 op Wayback Machine, Rapport, 2 Junie 2011.