Ekumeniese Patriarg Bartolomeus I van Konstantinopel
Ekumeniese Patriarg Bartolomeus I (Grieks: Οἰκουμενικός Πατριάρχης Βαρθολομαῖος Α'; Turks: Patrik I. Bartolomeos; gebore 29 Februarie 1940) is sedert 2 November 1991 die Aartsbiskop van Konstantinopel, Nuwe Rome en as Ekumeniese Patriarg die geestelike hoof van die Oosters-Ortodokse Kerk.
Hy is op die dorp Zeytinli, Turkye, gebore as Dimitrios Arhondonis (Δημήτριος Αρχοντώνης; Dimítrios Archontónis), seun van Christos en Merope Archontónis. Hy behoort tot ’n klein groep Grieke wat afstam van die oorspronklike Griekse bewoners van die huidige Turkye.
Wydings
wysig- 13 Augustus 1961 – diaken, kry die kerknaam Bartolomeus
- 19 Oktober 1969 – priester
- Kersfees 1973 – metropoliet van Philadelphia (Klein-Asië)
- 14 Januarie 1990 – Metropoliet van Chalcedon
- 2 November 1991 – 270ste Aartsbiskop van Konstantinopel, Nuwe Rome en Ekumeniese Patriarg
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Ekumeniese Patriarg Bartolomeus I van Konstantinopel.