Oostelike Klipklaasneus

(Aangestuur vanaf Elephantulus myurus)

Die Oostelike Klipklaasneus (Elephantulus myurus) is 'n klaasneus wat in sentrale en noordelike Suid-Afrika en sentraal Zimbabwe voorkom.

Oostelike Klipklaasneus
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
E. myurus
Binomiale naam
Elephantulus myurus
Thomas & Schwann, 1906
Verspreiding

Voorkoms

wysig

Die soogdier is oor die algemeen gryser as die ander klaasneuse. Hulle lewe in rotsskeure en is skemeraktief en hou daarvan om in die laat middagson te sit en bak. Hulle word 26 cm lank en ±60 g swaar.

Habitat en gewoontes

wysig

Hulle kom meestal in rotsagtige areas voor en eet insekte met 'n voorkeur vir miere en termiete. Een tot twee kleintjies word in September tot April gebore.

Sien ook

wysig

Verwysings

wysig
  1. Stuart, C., FitzGibbon, C., Perrin, M. & Smit, H. (2008). Elephantulus myurus. 2008 IUBN Rooi Lys van bedreigde spesies. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur 2008. Verkry op 29 Desember 2008.