Eloffsdal
Eloffsdal is 'n woonbuurt van Pretoria, sowat 4 km noord van Kerkplein. Die oorspronklike dorpsgebied is aangelê op die oostelike gedeelte van die plaas Daspoort, wat pres. Paul Kruger se skoonseun F.C. (Ryk Freek) Eloff en dié se vrou, Elsie Eloff-Kruger, in 1896 gekoop het en wat na hom genoem is.
Eloffsdal | |
---|---|
Koördinate: 25°39′40″S 28°11′33″O / 25.66111°S 28.19250°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Gauteng |
Munisipaliteit | Stad Tshwane |
Hoofplek | Pretoria |
Oppervlak | |
• Totaal | 0,79 km2 (0,31 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 2 663 |
• Digtheid | 3 371/km2 (8 730/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 79,3% |
• Indiërs/Asiërs | 0,8% |
• Bruin mense | 1,9% |
• Swart mense | 17,3% |
• Ander | 0,7% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 74,2% |
• Engels | 10,8% |
• Noord-Sotho | 4,6% |
• Tswana | 2,3% |
• Ander | 8,1% |
NG Gemeente
wysigDie die NG gemeente Mootvallei het op 1 September 2011[2] ontstaan uit die gemeentes Eloffsdal-Wes, Magaliesfort en Eloffsdal. Die kerkgebou (foto links) van laasgenoemde gemeente by Voortrekkerweg 619, Gezina, is reeds jare vantevore vervang deur 'n siersteengebou in die Neo-Bisantynse boustyl op die hoek van Klesserlaan en Fred Nicholsonstraat, Mayville.
Sien ook
wysigBronne
wysig- (en) Potgieter, D.J. 1975. Standard Encyclopaedia of Southern Africa Deel 11. Cape Town: Nasionale Opvoedkundige Uitgewery Ltd.
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 "Subplek Eloffsdal". Sensus 2011.
- ↑ Mootvallei se Facebook-groep.
Hierdie artikel omtrent 'n plek in Pretoria en omgewing is slegs ’n saadjie. Jy kan Wikipedia help deur dit uit te brei.