Embeth Davidtz
Embeth Davidtz (gebore 11 Augustus 1965) is 'n Afrikaans- en Engelstalige aktrise. Sy is bekend vir die rol van Tessa in die P.G. du Plessis-film, Nag van die negentiende asook vir die talle Engelse rolprente waarin sy gespeel het.
Embeth Davidtz | |
Geboortenaam | Embeth Jean Davidtz |
---|---|
Geboorte | 11 Augustus 1965 Lafayette, Indiana, VSA |
Beroep(e) | Aktrise |
Aktiewe jare | 1989 – huidig |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Davidtz is op 11 Augustus 1965 in Lafayette, Indiana, VSA gebore, maar trek op 'n jong ouderdom na Suid-Afrika. Sy studeer aan die Rhodes-universiteit waar sy haar graad verwerf. As volwassene keer sy terug na die Verenigde State en begin haar loopbaan as aktrise. Haar eerste rol was by die National Theatre Company in Romeo and Juliet, waarvoor sy goeie kritiek ontvang. Daarna verhuis sy na Los Angeles, waar sy begin met kleiner rolle in NBC-films.
Op 22 Junie 2002 trou sy met Jason Sloane. Haar seun, Asher is op 7 Oktober 2005 gebore en haar dogter, Charlotte Emily, in 2002.
Vroeë lewe
wysigDavidtz is gebore terwyl haar pa chemiese ingenieurswese aan die Purdue Universiteit studeer het. Haar ouers, John en Jean, verhuis later na Trenton, New Jersey , en dan terug na hul geboorteland Suid-Afrika toe Davidtz nege jaar oud was. Davidtz is van Nederlandse, Engelse en Franse afkoms. Sy moes Afrikaans leer voordat sy skoolklasse in Suid-Afrika kon bywoon. Haar pa het 'n onderwyspos by die Potchefstroomse Universiteit beklee. Davidtz studeer in 1983 aan die Glen High School in Pretoria en studeer daarna aan Rhodes Universiteit in Grahamstad .
Debuut en vroeë loopbaan
wysigDavidtz maak haar toneelspeldebuut op 21-jarige ouderdom saam met CAPAB (Cape Performing Arts Board, nou bekend as Artscape) in Kaapstad. Sy speel Juliet in 'n verhoogproduksie van Romeo en Juliet in die Maynardville Opelugteater. Sy speel in Engels en Afrikaans en speel ook in ander plaaslike toneelstukke, waaronder Stille Nag (Silent Night) en A Chain of Voices, waarmee sy in albei benoemings ontvang.
Sy maak haar filmdebuut in 1988 met 'n klein rol in die Suid-Afrikaans verfilmde Amerikaanse riller Mutator. Kort daarna wen sy 'n groter rol in die Suid-Afrikaanse televisieprogram A Private Life, as die dogter van 'n gemengde huwelik. In 1990 wen sy 'n DALRO-toekenning vir beste vroulike byspeler vir haar werk in die toneelstuk Houd-den-bek. Vir dieselfde toneelstuk is sy in 1991 genomineer vir die Esther Roostoekenning vir beste aktrise in 'n ondersteunende rol in Afrikaanse rolprente. Steven Spielberg het haar optrede in die 1992 Suid-Afrikaanse rolprent Nag van die Negentiende opgemerk en haar die rol van Helen Hirsch in Schindler's List aangebied.[1][2][3]
Filmografie
wysigJaar | Titel | Rol | Notas |
---|---|---|---|
1989 | Mutator | Jennifer | |
1989 | Screen Two | Older Karen | Episode: "A Private Life" |
1990 | Sweet Murder | Laurie Shannon | |
1992 | Till Death Us Do Part | Katherine Palliko | TV-fliek |
1992 | Nag van die negentiende | Tessa | Draaiboek deur P.G. du Plessis |
1992 | Army of Darkness | Sheila | |
1992 | Deadly Matrimony | Dianne Masters | TV-fliek |
1993 | Schindler's List | Helen Hirsch | |
1995 | Murder in the First | Mary McCasslin | |
1995 | Feast of July | Bella Ford | |
1996 | Matilda | Miss Jennifer Honey | |
1997 | The Garden of Redemption | Adriana | TV-fliek |
1998 | Last Rites | Dr. Lauren Riggs | TV-fliek |
1998 | Fallen | Gretta Milano | |
1998 | The Gingerbread Man | Mallory Doss | |
1999 | Simon Magus | Leah | |
1999 | Mansfield Park | Mary Crawford | |
1999 | Bicentennial Man | "Little Miss" Amanda Martin / Portia Charney | |
2001 | Bridget Jones's Diary | Natasha | |
2001 | The Hole | Dr. Philippa Horwood | |
2001 | Thir13en Ghosts | Kalina Oretzia | |
2001 | Citizen Baines | Ellen Baines Croland | 7 episodes |
2002 | Shackleton | Rosalind Chetwynd | TV-fliek |
2002 | The Emperor's Club | Elizabeth | |
2004 | Scrubs | Maddie | Episode: "My Tormented Mentor" |
2005 | Junebug | Madeleine Johnsten | |
2006 | Grey's Anatomy | Nancy Shepherd (nie gekrediteer nie) | Episode: "Let the Angels Commit" |
2007 | Fracture | Jennifer Crawford | |
2008 | In Treatment | Amy | 8 episodes |
2009 | Fragments | Joan Laraby | |
2009 | Mad Men | Rebecca Pryce | Episode: "Love Among the Ruins" Episode: "The Color Blue" |
2009 | Californication | Felicia Koons | 9 episodes |
2010 | 3 Backyards | The Actress | |
2011 | The Girl with the Dragon Tattoo | Annika Blomkvist |
Verwysings
wysig- ↑ "Cinema: The star of Davidtz". The Independent. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Desember 2008.
- ↑ Schaeffer, Stephen (3 Maart 1998). "Movies; Actress Davidtz leaves out sweetness in 'Gingerbread Man'". Boston Herald. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Julie 2012. Besoek op 11 Januarie 2011.
- ↑ "Embeth Davidtz Biography And Images". Oregon Herald. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Januarie 2016. Besoek op 11 Julie 2017.