Uitstraalvermoë
(Aangestuur vanaf Emissiwiteit)
Die uitstraalvermoë of emissiwiteit van die oppervlak van 'n materiaal is die doeltreffendheid waarmee dit energie afgee in die vorm van stralingsenergie. Termiese straling is lig, maar vir voorwerpe naby aan kamertemperatuur is hierdie lig infrarooi en is dit nie sigbaar nie.
Die simbool wat gebruik word vir uitstraalvermoë is epsilon ( of ε).