Erwin Rommel
Erwin Johannes Eugen Rommel (15 November 1891–14 Oktober 1944), algemeen bekend as die Woestynvos (Wüstenfuchs), was 'n Duitse Veldmaarskalk van die Tweede Wêreldoorlog. Hy is deur beide sy eie troepe en die vyande teen wie hy geveg het gerespekteer.
Erwin Rommel | |
---|---|
| |
Bynaam(e) | Wüstenfuchs (Woestynvos) |
Geboortedatum | 15 November 1891 |
Geboorteplek | Heidenheim, Württemberg, Duitse Keiserryk |
Sterfdatum | 14 Oktober 1944 (52 jaar oud) |
Sterfplek | Herrlingen, Württemberg, Nazi-Duitsland |
Lojaliteit | Duitse Keiserryk (tot 1918) Republiek van Weimar (tot 1933) Nazi-Duitsland (tot 1944) |
Diens/Tak | Deutsches Heer Reichswehr Wehrmacht |
Jare in diens | 1911–1944 |
Rang | Generalfeldmarschall (veldmaarskalk) |
Eenheid | 7de Pantserdivisie Afrika Korps Panzergruppe Afrika Panzerarmee Afrika Heeresgruppe B |
Veldslae/oorloë | Eerste Wêreldoorlog
|
Toekennings | Pour le Mérite Ridderkruis van die Ysterkruis met Eikblare, swaarde en diamante Militêre Verdienstkruis (Oostenryk-Hongarye) Orde van Michael die Brave |
Familie | Manfred Rommel (1928–2013), seun Gertrud Stemmer (1913–2000), dogter |
Hy was 'n hoogs gedekoreerde offisier in die Eerste Wêreldoorlog, en is bekroon met die Pour le Merite vir sy prestasies op die Italiaanse-veldtog. In die Tweede Wêreldoorlog, het hy homself verder onderskei as die bevelvoerder van die 7de Pantserdivisie (Wehrmacht) tydens die inval van Frankryk in 1940. Dit was egter sy leierskap van die Duitse en Italiaanse magte in die Noord-Afrikaanse veldtog wat die legende van die Desert Fox gestig het. Hy is beskou as een van die mees bekwame bevelvoerders van woestyn-oorlogvoering in die konflik. Hy het later bevelvoerder geword van die Duitse magte wat die Geallieerde magte se inval van Normandië sou teenstaan.
As een van die paar generaals wat konsekwent teen die Westerse Geallieerdes geveg het (hy is nooit na die Oos-Front gepos nie), word Rommel beskou as 'n menslike en professionele soldaat. Sy Afrika Korps is nooit van enige oorlogsmisdade beskuldig nie. Soldate gevang tydens sy Afrika-veldtog is, na berig, menslik behandel. Verder het hy die Commando Order om Joodse soldate en burgerlikes in alle teaters van sy bevel gevang dood te maak bloot geïgnoreer.
Laat in die oorlog is Rommel verbind met die 20 Julie-sameswering om Adolf Hitler te vermoor. Omdat Rommel wyd bekend was, het Hitler verkies om hom stil te elimineer. Rommel het ingestem om selfmoord te pleeg deur die neem van 'n sianiedpil, in ruil vir die versekering dat sy familie gespaar sou word.