Esmé Berman

Suid-Afrikaanse skrywer, lektor, navorser, uitsaaier, historikus en kunskonsultant.

Esmé Berman (2 Julie 1929 – 4 Junie 2017) was 'n skrywer, lektor, navorser, uitsaaier, historikus en kunskonsultant. Sy is in Johannesburg gebore. Op 20 November 1970 het haar boek Art and Artists of South Africa verskyn. Dit was voor Kersfees van daardie jaar uitverkoop en is vier keer herdruk.

Esmé Berman
Gebore2 Julie 1929
Johannesburg
Sterf4 Junie 2017
Johannesburg
BeroepSkrywer, lektor, navorser
NasionaliteitSuid-Afrika
Noemenswaardige werkeArt and Artists of South Africa
EggenootHymie Berman
Kinders3

Berman het op die ouderdom van 15 gematrikuleer en studeer daarna drama by die Trinity College in Londen. Sy verwerf 'n B.A.-graad asook honneursgrade in sielkunde en kuns. In 2016 het die Universiteit van die Witwatersrand 'n eredoktorsgraad aan haar toegeken. Sy het die laaste paar jaar voor haar dood aan parkinsonsiekte gely. Sy was getroud met Hymie Berman.

  • Lategan, Herman: Kuns verloor sy grootste kampvegter, Rapport, 11 Junie 2017.