Vaalkorhaan

voëlspesie
(Aangestuur vanaf Eupodotis vigorsii)

Die vaalkorhaan (Heterotetrax vigorsii) is 'n gelokaliseerde, algemene standvoël wat tot die wildepoufamilie (Otididae) behoort. Dit is endemies aan halfwoestyn van die westelike deel van Suid-Afrika en aanliggende suidelike Namibië. In Duits en Engels staan dit onderskeidelik as Namatrappe en Karoo korhaan bekend, aangesien dit grootliks tot die Nama-Karoo beperk is.

Vaalkorhaan
In die Kamdeboo- Nasionale Park
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
H. vigorsii
Binomiale naam
Heterotetrax vigorsii
(Smith, 1831)
     benaderde verspreiding, die Nama-Karoo
Sinonieme

Eupodotis vigorsii

Subspesies

wysig

Daar is twee subspesies, naamlik die nominaatras in die suid- en suidoostelike streke, en H. v. namaqua (Roberts, 1932), van noordwestelike Suid-Afrika en suidelike Namibië.[2]

Habitat

wysig

Die vaalkorhaan leef in 'n verskeidenheid halfdorre habitatte wat die karoo en ander droeë struikveld-habitatte insluit. Dit is ook teenwoordig in effens digter struikveld waar plante van 10 tot 50 cm hoog aan hulle skuiling bied. In die Wes-Kaap is 'n klein bevolking ook in karoo-agtige fynbos teenwoordig.[2]

Fisiese kenmerke

wysig

Die voël is sowat 60 cm (56 – 62 cm) in lengte en weeg van 1,1 tot 2 kilogram. Mannetjies is groter en swaarder, en weeg gemiddeld 1,6 kg teenoor wyfies wat 1,35 kg weeg. Die kop-, nek- en borsvere van die nominaatsubspesie is grysbruin, die kenvere swart en keelvere met wit omsoom. Die pensvere is rosig wit, en die vlerkvere bruin. Die wyfie lyk soos die mannetjie behalwe dat haar keel minder swart geveerd is. Die nek en bors van subspesie E. v. namaqua is gryser vergeleke met die nominaatsubspesie.[2]

Voeding

wysig

Vaalkorhane is omnivories, maar plantmateriaal vorm die grootste komponent. Blomme, vrugte, blare en knolle word gevreet. In besonder is die blomme van plante in die Asteraceae (madeliefies), Brassicaceae en Mesembryanthemaceae (vygies) seisoenaal belangrik.[2]

Fotogalery

wysig

Sien ook

wysig

Verwysings

wysig
  1. BirdLife International (2012). "Eupodotis vigorsii". IUBN-rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 16 Julie 2012. {{cite web}}: Ongeldige |ref=harv (hulp)
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 Collar, N. & Kirwan, G.M. (2017). Karoo Bustard (Heterotetrax vigorsii). In: del Hoyo, J., Elliott, A., Sargatal, J., Christie, D.A. & de Juana, E. (reds.). Handbook of the Birds of the World Alive. Lynx Edicions, Barcelona. (besigtig te http://www.hbw.com/node/53724 op 3 Maart 2017).

Eksterne skakel

wysig