Finansiële wiskunde
Finansiële wiskunde, 'n vertakking van die suiwer wiskunde, is daarop toegespits om die verskeidenheid instrumente en prosesse in die finansiële wêreld te modelleer.
As sulks poog dit om finansiële instrumente te prys en modelle te bou om prosesse, soos bv. die toekomstige prysverloop van 'n aandeel, te beskryf of te projekteer.
Toepassings
wysigFinansiële wiskunde word op die volgende terreine ingespan:
- Risikobestuur, veral wat markrisiko betref.
- Kredietrisiko
- Operasionele risiko