Flic-en-Flac
Flic-en-Flac is 'n kusdorpie in die westelike deel van die eiland van Mauritius, in die distrik van Rivière Noire.[1] Die openbare wit strand is een van die langste en mooiste op die eiland en sy strandmeer word beskerm deur die omliggende koraalriwwe. Die strand bied asemrowende uitsigte oor die Indiese Oseaan horison en van Le Morne Brabant skiereiland geleë in die suidweste van Mauritius.
Flic-en-Flac | |
---|---|
Dorp | |
Die strand van Flic-en-Flac | |
Koördinate: 20°16′47″S 57°21′59″O / 20.27972°S 57.36639°O | |
Land | Mauritius |
Distriksraad | Rivière Noire-distrik |
Bevolking | |
• Totaal | 2 010 |
Tydsone | UTC+4 (MUT) |
Flic-en-Flac is ook die tuiste van sommige van die luukste hotelle in Mauritius en die Tamarinstrand is slegs 'n paar kilometer weg geleë.
Verwysings
wysig- ↑ "Flic en flac - Mauritius" (in Engels). travelmauritius.info. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2015. Besoek op 24 Augustus 2012.
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Flic-en-Flac.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |