Fluisterboom
Die Fluisterboom in Georgestraat, Albertinia is een van Suid-Afrika se kampioenbome. Hierdie wildevy (Ficus thonningii / Ficus burkei) is 200 jaar oud en sy stamomtrek van 14,6 m maak dit een van die dikste bome in die land. Volgens oorvertelling kan mens die boom hoor fluister as jy aandagtig luister. [1]
Verwysings
wysig- ↑ Fluisterboom spog nou met kampioenstatus, Die Burger, 16 Augustus 2017.