Ford Edge

Die Ford Edge is 'n mediumgrootte oorkruis SNV wat deur die Ford Motormaatskappy vervaardig word.

Ford Edge
2011 Ford Edge SE -- NHTSA 1.jpg
Oorsig
Vervaardiger Ford Motormaatskappy
Produksie 2006–huidig
Montering Oakville, Ontario, Kanada
Bakwerk en onderstel
Klas mediumgrootte oorkruis SNV
Bakstyl 5-deur SNV
Uitleg Voorenjin, voorwieldryf

Die eerste geslag Edge is gebaseer op die Ford CD3 platform wat dit deel met die eerste geslag Ford Fusion, Mazda CX-9, eerste en tweede geslag Mazda 6 en Lincoln MKX.

Saam met 'n herkentekende premiumvariant, die Lincoln MKX, word die Edge (kodenaam U387) vervaardig by Ford se Oakville monteerkompleks in Ontario, Kanada.