Ford Transit Custom
Die Ford Transit Custom is 'n middelgrootte, voorwielaangedrewe wa wat sedert 2012 deur die Ford Motormaatskappy geproduseer word. Dit vervang as 'n selfstandige model die kleiner voorwielaandrywing weergawes van die vierde geslag Ford Transit. Soos met die res van die Transitreeks, is die beter toegeruste passasiersweergawe gemerk as die Tourneo Custom.
Oorsig | |
---|---|
Vervaardiger | Ford Motormaatskappy |
Ook genoem | Ford Tourneo Custom |
Produksie | 2012-huidig |
Bakwerk en onderstel | |
Klas | Ligte handelsvoertuig |
Bakstyl | Paneelwa (Transit Custom) Crew cab wa (Transit Custom) Minibus (Transit Custom Kombi, Tourneo Custom) |
Uitleg | Dwarsgemonteerde voorenjin, voorwielaandrywing |
Spesifikasies | |
Enjin(s) | 2.2 L I4 Ford Duratorq TDCi turbodiesel |
Ratkas | 6-ganghandrat |
Lengte | 4972 mm (SWB) 5339 mm (LWB) |
Breedte | 1986 mm |
Hoogte | 1922 - 2017 |
Massa | 1786 - 2020 kg |
Asafstand | 2933 mm (SWB) 3300 mm (LWB) |
Plek in geskiedenis | |
Voorganger | Ford Transit |
Dit is in 2012 onthul by die Handelsvoertuigskou in die Nasionale Uitstalsentrum in Birmingham, Engeland. Tans word die Transit Custom nie in die Verenigde State en Kanada bemark nie, maar dit word wel in Meksiko verkoop. Een enjin is beskikbaar, 'n 2.2 L inlynviersilinder Duratorq turbodiesel, in drie kragleweringsvlakke: 74 kW en 310 N·m se wringkrag, 92 kW en 350 N·m wringkrag, en 113 kW en 385 N·m wringkrag.