Garratt-stoomlokomotief
Die Garratt-stoomlokomotief is 'n stoomlokomotief wat bestaan uit een vuurkas en stoomketel wat hang tussen twee stelle dryfwiele en is dus geartikuleerd. Hierdie ontwerp het tot gevolg dat die lokomotief makliker deur skerp draaie kan gaan en ook oor die krag van twee lokomotiewe beskik. Die Garratt-stoomlokomotief beskik dus oor vier silinders, twee aan weerskante van die lokomotief. Hierdie lokomotief het nie 'n aparte kolewa gehad nie en staan dus bekend as 'n tenklokomotief.
-
Klas GA no. 1649, later hernommer na no. 2140, ongeveer 1921
-
Klas GB no. 2166, Voorbaai, 4 September 1997
-
Klas GC no. 2182, ongeveer 1924
-
Klas GE no. 2269, ongeveer 1930
-
No. 4023 "Peacock" op George, 15 April 2013
Bron
wysig- Locomotives of the South African Railways. Struik. Leith Paxton & David Bourne. ISBN 0 86977 211 2
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Garratt-stoomlokomotief.