JancoOost
Geboor en getoor in die klein oos-Vrystaatse dorpie, Reitz. Hier het ek skool gegaan tot 2016, met 'n besondere liefde vir geskiedenis, geografie, biologie en tale.
Sedert 2017 studeer ek aan die NWU in Potchefstroom. Tot en met 2020 het ek gereformeerde teologie studeer, hierin het ek verder my liefde vir tale opgebou en het graag die Grieks- en Hebreeuse klasse bygewoon, verder het ek Ou Testamentiese en Kerkgeskiedenisstudies geniet. Dis tydens die latere studiejare waarin my passie vir die plantkunde my lewenspeil verander - in 2021 begin ek my voorgraadse studies in Plantkunde en Mikrobiologie, weereens aan die NWU. Jaar-na-jaar het ek al hoe meer my belangstelling in bewaringsekologie in my studierigting gevestig. In 2024 begin my nagraadse studies in plantfisiologie, waar ek fokus op fotosintese en plantvitaliteit.
Verder is ek 'n avontuurlustige mens, baie lief vir die bosveld, die Kalahari, en veral die Namibiese landskappe. Sit my in 'n kampplek waar ek saans sterre kan kyk, met 'n digbundel of geskiedenisboek, dalk selfs 'n visstok, en ek is op my gelukkigste.
Groetnis