Niamh Ahern
Ek is 'n skrywer, redakteur, letterkundige en opkomende biblioteek- en inligtingkunde professioneel wat betekenisvolle verandering in Suider-Afrikaanse biblioteke, argiewe en kulturele erfenis instellings wil maak.
Ek het onlangs 'n BA (Honneurs) in Afrikaans by die Universiteit van Kaapstad voltooi. Ek het 'n BA in Musiek, Sielkunde en Afrikaans in 2023 by dieselfde universiteit voltooi. Bykomend tot my studies, beklee ek verskeie posisies in studente verenigings, insluitend Besturende Redakteur van Varsity Newspaper, Direkteur van Sosiale Wetenskap by die African Research Society, Voorsitter van die Universiteit van Kaapstad se Studente Psigiatriese Vereniging en Tegniese Offisier van die Universiteit van Kaapstad se Cortex Club. Ek is ook 'n Redaksionele Assistent by New Contrast, 'n Suid-Afrikaanse literêre joernaal, en ek skryf 'n sporadiese nuusbrief, The Informatologist.
| ||
| ||
| ||
Soek gebruikerstale op |
Belangstellings
wysigWikipedia mikpunte
wysigEk is passievol oor die bevordering van openbare biblioteke as instellings vir sosiale verandering, en is ewe verbind tot die verbetering van die integriteit van Suid-Afrikaanse argiewe en spesiale versamelings. Ek wil Wikipedia gebruik om die profiel van Suid-Afrikaanse biblioteke en versamelings te verhoog. Ek sien uit om by te dra tot hierdie briljante platform en om skakels te maak met eendersdenkendemense!