OGDanielF
Omar Fourie, GkHS, N.A.C.M, M.M. (SR), M.A. (Omar Greyling Daniel Fourie) is gebore op 29 Mei 1980 in Pretoria, Suid-Afrika. Hy gaan skool by die Laerskool Oost-Eind, Sunnyside, Pretoria tot 1993 en matrikuleer in 1998 aan die Hoërskool Menlo Park. Daarna begin hy met Teologiese studies wat kulmineer in 'n B.Min, B.Min. (Hons.) honneursgraad in 2004.
In Augustus 2000 begin Omar by die Stadsraad van Pretoria werk as kontrakwerker (Lisensiebeampte) en word daarna in Oktober 2003 in 'n permanente pos aangestel by die huidige "City of Tshwane Metropolitan Municipality".
Hy studeer verder na-uurs aan die Noordwes Universiteit in Potchefstroom en behaal die M.A. (Pastoraal) met 'n verhandeling oor die herstel van kommunikasie in problematiese verhoudings in die familie sisteem (2010). Hy word ook uitgenooi om aan te sluit by die Golden Key Honour Society (GkHS), Potchefstroom.
In April 2008 bedank hy by die munisipaliteit en verhuis na Orania in die Noord-Kaap. Kort hierna het hy vir 'n periode in Engeland gewoon en gewerk (Januarie 2009 - Julie/November 2009).
Terug in Orania aanvaar hy die pos as gemeenskapswerker by die Orania Maatskaplike Raad (OMR) vanaf 1 Desember 2009 en dien ook as lid op die OMR.