Gemeentes in Andorra
Andorra bestaan uit sewe gemeenskappe bekend as gemeentes ((ca) parròquies, enkelvoud – parròquia). Tot relatief onlangs was daar slegs ses gemeentes; die sewende, Escaldes-Engordany, is in 1978 gestig.
Sommige gemeentes het verdere gebiedsindelings. Ordino, La Massana en Sant Julià de Lòria is onderverdeel in quarts (kwartiere), terwyl Canillo onderverdeel is in 10 veïnats (buurte). Dit stem meestal ooreen met dorpies, wat in al die gemeentes gevind kan word.
Elke gemeente het sy eie verkose burgemeester wat ook die nominale hoof is in die plaaslike regering, bekend as 'n comú in Katalaans.
No.* | Gemeentes | Area km² | Bevolking | ||
1990 | 2000 | 2007 | |||
1 | Canillo | 121 | 1 290 | 2 706 | 5 422 |
2 | Encamp | 74 | 7 119 | 10 595 | 14 029 |
3 | Ordino | 89 | 1 289 | 2 283 | 3 685 |
4 | La Massana[1] | 65 | 3 868 | 6 276 | 9 357 |
5 | Andorra la Vella* | 12 | 19 022 | 21 189 | 24 574 |
6 | Sant Julià de Lòria | 60 | 6 012 | 7 623 | 9 595 |
7 | Escaldes-Engordany | 47 | 12 235 | 15 299 | 16 475 |
Andorra | 468 | 50 835 | 65 971 | 83 137 |
* Hoofstad van Andorra
Verwysings
wysig- ↑ Parroquia de la Massana, Comú de la Massana Geargiveer 14 Desember 2013 op Wayback Machine. (ca)
Sien ook
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Andorra. |
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |