Gendun Drup
1ste Dalai Lama
Gendun Drup (Tibettaans: དགེ་འདུན་གྲུབ་པ།; 1391–1474, gebore as Péma Dorje) is nadoods aangewys as die 1ste Dalai Lama.[1]
Gendun Drup | |
---|---|
Die 1ste Dalai Lama, Gendun Drup.
| |
Tibettaans | དགེ་འདུན་གྲུབ་པ། |
Transliterasie | dge ’dun grub pa |
Titel | 1ste Dalai Lama |
Opvolger | Gendun Gyatso |
Vader | Gonpo Dorje |
Moeder | Jomo Namkha Kyi |
Gebore | 1391 |
Oorlede | 1474 |
Ouderdom | 82-83 |
Lewe
wysigGendun Drup is in Sentraal-Tibet gebore as die seun van Gonpo Dorje en Jomo Namkha Kyi van ’n nomadiese volk.[2] Hy is as ’n skaapwagter grootgemaak tot op die ouderdom van sewe, waarna hy in die Narthang-klooster geplaas is. Toe hy 20 jaar oud was (in omstreeks 1411) het hy die naam Gendun Drup gekry toe hy ’n monnik word.[3] Hy het toe ’n student en eindelik die hoofdissipel geword van die ghoeroe Je Tsongkhapa (1357–1419),[4] wat die Gelug-skool van Boeddhisme gestig het. Teen die middel van sy leeftyd was hy een van die hoogs aangeskrewe geleerdes van sy tyd.
Verwysings
wysig- ↑ "dge 'dun grub pa". Tibetan Buddhist Resource Center (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Mei 2020. Besoek op 20 Mei 2015.
- ↑ Gedun Drupa Geargiveer 13 Desember 2005 op Wayback Machine at Dalai Lama website.
- ↑ Thubten Samphel en Tendar (2004). The Dalai Lamas of Tibet. Roli & Janssen, Nieu-Delhi. (2004). ISBN 81-7436-085-9
- ↑ Farrer-Halls, Gill. World of the Dalai Lama. Quest Books: 1998. p. 77