Gennadi Newelskoi
Gennadi Iwanowitsj Newelskoi (Russies: Геннадий Иванович Невельской) was in die 19de eeu ’n ontdekkingsreisiger in Siberië. Hy het in 1848 ’n ekspedisie na die Russiese Verre-Ooste gelei waar hy onder meer die Sachalin-gebied verken het. Hy het bewys dat die Straat van Tartarye nie ’n golf was nie, maar inderdaad ’n straat wat aan die Amoer-riviermonding verbind was met ’n smal deel wat later Newelskoi-straat genoem is. Die Russe het sy verslag aanvaar as die eerste bewys dat Sachalin inderdaad ’n eiland is. Hy was een van die sleutelfigure in die Russiese kolonialisasie van Primorski-krai en Sachalin.
Gennadi Iwanowitsj Newelskoi Геннадий Иванович Невельской | |
---|---|
Gebore | 5 Desember 1813 Drakino naby Soligalich, Kostroma-provinsie, Russiese Ryk |
Sterf | 29 April 1876 Sint Petersburg, Russiese Ryk |
Nasionaliteit | Rusland |
Beroep | Ontdekkingsreisiger |