George Clooney
George Timothy Clooney (gebore 6 Mei 1961) is ’n Amerikaanse akteur, draaiboekskrywer, regisseur en aktivis. Hy het drie Golden Globes vir sy werk as akteur gewen en twee Oscars – een vir toneelspel en een vir vervaardiging.[1]
George Clooney | |
Clooney in 2009 by die Toronto-rolprentfees.
| |
Geboortenaam | George Timothy Clooney |
---|---|
Geboorte | 6 Mei 1961 |
Nasionaliteit | Verenigde State van Amerika |
Lewensmaat | Talia Balsam (geskei in 1993) Amal Alamuddin |
Kinders | 2 |
Aktiewe jare | 1978-tans |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Clooney het in 1978 sy akteursdebuut op televisie gemaak en van 1994 tot 1999 lof gekry vir sy rol as dr. Doug Ross in die mediese dramareeks ER, waarvoor hy twee Emmy-benoemings gekry het. Hy het terselfdertyd verskeie hoofrolle in rolprente gekry, onder andere die superheldfliek Batman & Robin (1997) en die misdaadkomedie Out of Sight (1998). In laasgenoemde prent het hy die eerste keer saam met die regisseur Steven Soderbergh gewerk wat later ’n lewenslange medewerker geword het. In 1999 het hy die hoofrol gespeel in Three Kings, ’n satire wat tydens die Golfoorlog afspeel en goed ontvang is.
In 2001 het hy nog bekender geraak in sy grootste kommersiële sukses, die komedie Ocean's Eleven, die eerste prent in ’n trilogie. Hy het ’n jaar later sy regisseursdebuut gemaak met die spioenasiekomedie Confessions of a Dangerous Mind.
Clooney het ’n Oscar gewen vir beste manlike byspeler in die Midde-Oosterse riller Syriana (2005), en het daarna benoemings vir die Oscar vir beste akteur gekry vir Michael Clayton (2007), Up in the Air (2009) en The Descendants (2011). In 2013 het hy die Oscar vir beste prent ontvang vir die politieke riller Argo. Hy is die enigste persoon wat al in ses verskillende kategorieë vir ’n Oscar benoem is.[2]
In 2009 is hy aangewys as een van die tydskrif Time se 100 invloedrykste mense in die wêreld.[3] Hy is ook bekend vir sy maatskaplike en politieke aktivisme, soos tydens die Darfoer-vredesveldtog.
Filmografie
wysigAkteur
wysigOnvolledige lys van flieks waarin hy gespeel het:
- Gravity (2013)
- The Descendants (2011)
- The American (2010)
- Men Who Stare at Goats (2009) – Lyn Cassady
- Up in the Air (2008) – Ryan Bingham
- Burn After Reading (2008) – Harry Pfarrer
- Leatherheads (2008) – Jimmy "Dodge" Connelly
- Ocean's Thirteen (2007) – Danny Ocean
- The Good German (2006) – Jake Geismar
- Michael Clayton (2006) – Michael Clayton
- Syriana (2005) – Robert Barnes
- Good Night, and Good Luck (2005) – Fred Friendly
- Ocean's Twelve (2004) – Danny Ocean
- Intolerable Cruelty (2003) – Miles Massey
- Solaris (2002) – Chris Kelvin
- Ocean's Eleven (2001) – Danny Ocean
- O Brother, Where Art Thou? (2000) – Ulysses Everett McGill
- The Perfect Storm (2000) – Billy 'Skip' Tyne
- Fail Safe (2000) – Col. Jack Grady
- Three Kings (1999) – Major Archie Gates
- Out of Sight (1998) – Jack Foley
- The Thin Red Line (1998) – Captain Bosche
- Batman & Robin (1997) – Batman/Bruce Wayne
- The Peacemaker (1997) – Thomas Devoe
- From Dusk Till Dawn (1996) – Seth Gecko
- One Fine Day (1996) – Jack Taylor
- Return of the Killer Tomatoes (1988) – Matt Stevens
- Combat Academy (1987) – Major Biff Woods
- Return to Horror High (1987) – Oliver
- No laughing murder (1987) – Kip
Regisseur
wysig- The Monuments Men (2013)
- The Ides of March (2011)
- Leatherheads (2008)
- Good Night, and Good Luck (2005)
- Unscripted (2005)
- Confessions of a Dangerous Mind (2002)
Vervaardiger
wysig- Michael Clayton (2006)
- Garland Bunting Project (2005)
- Tishomingo Blues (2005)
- PU-239 (2006)
- A Scanner Darkly (2006)
- Rumor Has It (2005)
- Syriana (2005)
- The Jacket (2005)
- Unscripted (2005)
- The Big Empty (2005)
Verwysings
wysig- ↑ HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
- ↑ Lodge, Guy (23 Oktober 2012). "George Clooney poised to break an Oscar record with Argo" (in Engels). Hitfix. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Junie 2016. Besoek op 13 Desember 2013.
- ↑ Bono (30 April 2009). "George Clooney – The 2009 TIME 100". Time (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Oktober 2019. Besoek op 10 Junie 2014.