Georges Léopold Chrétien Frédéric Dagobert Cuvier (Montbéliard, 23 Augustus 1769Parys, 13 Mei 1832), was 'n Franse geoloog, patoloog-anatoom, soöloog en paleontoloog. Sy eintlike naam was Johann Leopold Nicolaus Friedrich Kuefer, maar sy moeder noem hom van jongs af al "Georg". Nadat hy in 1819 weens verdienste tot die adelstand verhef is, verfrans hy sy naam tot baron de Cuvier en pas terselfdertyd sy voorname aan.

Georges Cuvier
Bolton-cuvier.jpg
Gebore
Johann Leopold Nicolaus Friedrich Kuefer

23 Augustus 1769
Montbéliard, Frankryk
Sterf13 Mei 1832 (op 62)
Parys, Frankryk
NasionaliteitVlag van Frankryk Frankryk
Bekend virstigting van die velde van stratigrafie en vergelykende anatomie; die eerste deeglike, gepubliseerde dokumentasie van fauna-opvolging in die fossielrekord; maak uitwissing 'n aanvaarde wetenskaplike verskynsel; opposisie teen gradualistiese teorieë van evolusie

Hy is in 1832 in Parys aan cholera oorlede.

PublikasiesWysig

Sy belangrikste werk is Règne Animal distribué d'après son Organisation pour servir de base à l'Histoire Naturelle des Animaux et d'Introduction à l'Anatomie Comparée: 'n sistematiese behandeling van die hele toe bekende diereryk, uit 1817. Cuvier versorg self 'n groot deel van die illustrasies, hy was tewens 'n bedrewe tekenaar gewees.

Eksterne skakelsWysig