Gespikkelde bosslang
Die gespikkelde bosslang (Philothamnus semivariegatus) is 'n slang wat in die oostelike gedeeltes van Suid-Afrika voorkom. Die reptiel word 60 tot 90 cm lank en leef in bome, struike en bosse. Die slang het nie giftande nie en is onskadelik vir die mens.
Gespikkelde bosslang | |
---|---|
'n Gespikkelde bosslang, Soutpansberg, Suid-Afrika | |
Onvolwasse gespikkelde bosslangetjies | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Suborde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | P. semivariegatus
|
Binomiale naam | |
Philothamnus semivariegatus (A. Smith, 1840)
| |
Sinonieme | |
Die slang het 'n slanke lyf met 'n kleur wat wissel van olyfgroen tot smaraggroen, met swart kolletjies en dwarsstrepe. Die slang is daglewend en vreet geitjies, verkleurmannetjies en boompaddas.
Bron
wysig- Natuurlewe van Suid-Afrika. Duncan Butchart. Struik Nature. 2012. ISBN 978-1-4317-0248-0
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ Boulenger GA. 1894. Catalogue of the Snakes in the British Museum (Natural History). Volume II., Containing the Conclusion of the Colubridæ Aglyphæ. London: Trustees of the British Museum (Natural History). (Taylor and Francis, printers). xi + 382 pp. + Plates I- XX. (Philothamnus semivariegatus, pp. 99-100).
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Gespikkelde bosslang.
- Wikispecies het meer inligting verwant aan Gespikkelde bosslang