Gewone kluisenaarskrap
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Die Gewone kluisenaarskrap (Diogenes brevirostris) is 'n vals krap wat aan die suid- en ooskus van Suid-Afrika voorkom. Die krap woon in leë skulpe vir beskerming en is dus nie 'n ware krap nie. Sy liggaam is aangepas hiervoor, dit is verdraai en sommige van die bene ontbreek of is onontwikkel. Die krap se liggaam is ligwit, oortrek met hare en stekels. Die linker knyper is vergroot en gestekeld. Die krap kom voor in sandbanke of sanderige poele. Dit word 2cm groot.
Gewone kluisenaarskrap | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Suborde: | |
Infraorde: | |
Superfamilie: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | D. brevirostris
|
Binomiale naam | |
Diogenes brevirostris (Stimpson, 1858)
|
Bron
wysig- Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007. ISBN 978-1-77009-215-0