Gideonskoptolbos

Spesie van die tolbosse

Die Gideonskoptolbos (Leucadendron bonum) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Leucadendron behoort en deel van die fynbos vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom in die Koue Bokkeveldberge by Gideonskop voor. Die struik word 1.6 m hoog en dra blomme in Oktober. Dit het 'n voorkomsgebied van slegs 8 km² waar twee klein, gefragmenteerde subpopulasies voorkom. Die spesie word bedreig deur brande, in 2005 was daar slegs ses plante oor en tans is daar oor die 50.

Gideonskoptolbos
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Orde: Proteales
Familie: Proteaceae
Genus: Leucadendron
Spesie:
L. bonum
Binomiale naam
Leucadendron bonum
I.Williams, (1967)

In Engels staan dit as die Gideonskop Conebush bekend.

Bronnelys

wysig