Giep van Zyl
Giep van Zyl (29 Oktober 1962- ) is ‘n Suid-Afrikaanse produksievervaardiger en bestuurder van die uitvoerende kunste.
Giep van Zyl | |
---|---|
Giep van Zyl | |
Gebore | 29 Oktober 1962 |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep | Produksievervaardiger |
Bydrae tot Suid-Afrikaanse teater
wysigHy was 'n stigterslid en eerste Feesbestuurder van die Aardklop Kunstefees (1998 - 2005), het daarna besturende direkteur van Packed House Productions (2005 - 2007) geword voordat hy op 1 Oktober 2007 besturende lid van GZ Productions gestig en geword het.
Hy het die draaiboek Die Laaste Strooi saamgestel uit die werke van C.J. Langenhoven (KKNK 1998).
Met Marintha Labuschagne, was hy betrokke by die produksie en publisiteit van verskeie grootskaalse produksies, soos My Fair Lady (Staatsteater, Pretoria), Soweto Story (Nelson Mandela Teater), Fiddler on the Roof (Nelson Mandela Teater), A Funny Thing Happened on the Way to the Forum - Tesson Teater, en Dis hoe dit was - Die Steve Hofmeyr Storie (Staatsteater, Pretoria).
Van Zyl is aangestel as die nasionale koördineerder van die Afrikaans 100-projek om die taal se eeufees in 2025 te vier.[1]
Verwysings
wysig- ↑ van Heerden, Suné, “Viering der vierings: Nóg momentum vir Afrikaans 100-projek.” Maroela Media 21 September 2023. Afrikaans-100 projek/