Gloster Gladiator
Die Gloster Gladiator is 'n Britse dubbeldekker vegvliegtuig wat in die eerste paar maande van die Tweede Wêreldoorlog diens gedoen het. Dit was die laaste dubbeldekker wat die Britse Lugmag in diens gestel het en was tegnies verouderd toe dit in diens gestel was. Hulle is grootliks vervang met Spitfires en Hawker Hurricanes toe die Duitse magte Frankryk in Mei 1940 ingeval het. Die oorblywende Gladiators was magteloos teen die Duitse monovlerkvegters.
Gloster Gladiator | |
---|---|
Tipe | Vegvliegtiug |
Vervaardiger | Gloster Aircraft Company, Ltd. |
Ontwerp deur | Henry Phillip Folland |
Nooiensvlug | 12 September 1934 |
Bekendstelling | 23 Februarie 1937 |
Status | Uit diens gestel |
Hoofgebruikers | Britse Lugmag Britse Vloot Chinese Nasionale Lugmag Finse Lugmag Noorweegse Lugmag |
Vervaardig | 747 |
Ontwikkel van | Gloster Gauntlet |
In Noorweë het 263 Eskader egter steeds met die Gladiators geveg. Vlieënier Jacobsen het op een dag vyf Duitse vliegtuie afgeskiet. Dit is egter tragies dat 263 Eskader se vliegtuie vernietig is toe die skip waarmee dit vervoer is gekelder word deur die Duitse Vloot. Slegs twee vlieëniers het oorleef.
Gladiators van 247 Eskader te Roborough het Plymouth en sy hawegebied beskerm tydens die Slag om Brittanje. In Junie 1940 het 'n paar Gladiators Malta beskerm en was ook in aksie teen die Italiaanse Magte in Egipte. Gladiators het in die Westelike Woestyn bly veg tot vroeg in 1942.
Sommige was toegerus met arresteerhake en het diens gedoen in die Britse Vloot vanaf Desember 1938. Later is volledige vloot-Gladiators ontwikkel, toegerus met toerusting om 'n katapult te kan gebruik op vliegdekskepe. Nadat hulle uit die gevegsfront onttrek is, is die vliegtuie vir kommunikasie en meteorologiese dienste aangewend tot in 1944.
Tegniese besonderhede
wysigItem | Statistiek |
---|---|
Aantal motore | 1 |
Tipe motor | Skroef |
Vervaardiger | Bristoll Mercury IX lugverkoelde stermotor |
Kraglewering per motor | 840 perdekrag |
Vlerkspan | 9,83 m |
Lengte | 8,36 m |
Hoogte | 3,15 m |
Vlerkoppervlakte | 30,01 m2 |
Maks. opstygmassa | 2 155 kg |
Maks. snelheid | 407 km/h |
Operasionele hoogte | 10 060 m |
Togafstand | 547 km |
Klimvermoë | 6095 m in 9 minute en 30 sekondes |
Bewapening | Twee 7.7 mm masjiengewere in neus plus twee in vlerk |
Sien ook
wysigBron
wysig- Crosby, Francis: THE WORLD ENCYCLOPEDIA OF FIGHTERS & BOMBERS. 2015. ISBN 978-1-84476-917-9