Gorodowikofsk
’n stad in Rusland
Gorodowikofsk of Basjanta (Russies: Городовиковск, Kalmikies: Бәәшңтә) is die derde grootste stad van Kalmikië, Rusland en die setel van die gelyknamige Gorodowikofsk-rajon en Gorodowikofsk Stedelike Munisipaliteit. Dit lê 182 kilometer suidwes van die republiek se hoofstad, Elista.
Gorodowikofsk Городовиковск | |
---|---|
Stad | |
Die Boeddhistiese Zonkawaklooster in Gorodowikofsk | |
Die ligging van Kalmikië in Rusland | |
Koördinate: 46°05′00″N 41°56′00″O / 46.08333°N 41.93333°O | |
Land | Rusland |
Deelgebied | Kalmikië |
Rajon | Gorodowikofsk |
Bevolking | |
• Totaal | 8 285 |
Tydsone | UTC+03:00 (MSK, Moskouse tyd) |
Poskode | 359050 |
Geskiedenis
wysigGorodowikofsk is in 1871 as 'n dorpie gestig en het oorspronklik die naam Basjanta gehad, 'n Kalmikiese fonetiese aanpassing van die Russiese woord vir "toring". In 1971 het dit die status van 'n stad gekry en is ter ere van die Sowjets-Kalmikiese militaris Oka Gorodowikof hernoem.[1]
Demografie
wysigVolgens Sensus 2010 het Gorodowikofsk 9 565 inwoners gehad. Etniese Russe en Kalmikiërs vorm die meerderheid van die stad se bevolking.[2]
Etniese groepe | Sensus 2010 | Persentasie |
---|---|---|
Russe | 6 064 | 63,4% |
Kalmikiërs | 2 434 | 25,4% |
Meschetiese Turke | 186 | 1,9% |
Duitsers | 144 | 1,5% |
Oekraïners | 142 | 1,5% |
Armene | 104 | 1,1% |
Koreane | 91 | 1% |
Ander groepe | 279 | 2,9% |
Onbekend | 125 | 1,3% |
Totaal | 9 565 | 100% |
Verwysings
wysig- ↑ Gedejewa, Daria; Oeboesjiejewa, Bamba; Lidzjijewa, Ljoedmila; Barinowa, Bairta (2019). Словарь топонимов Республики Калмыкия [Toponimiese woordeboek van Kalmikië] (in Russies). Elista: Dzjangar.
- ↑ Bespyatov, Tim. "Republic of Kalmykia. Ethnic composition (noisy data from census microdata base), all places: 2010 census". Population statistics of Eastern Europe & former USSR (in Russies). Besoek op 11 Augustus 2023.