Gorra (musiekinstrument)
Hierdie artikel bevat nie ’n bronnelys nie, wat beteken dat die inhoud nie geverifieer kan word nie. Enige bevraagtekende inligting mag dus ook mettertyd verwyder word. Help Wikipedia deur betroubare bronne tot die artikel by te voeg. |
Die gorra is ‘n musiekinstrument uniek aan Suider-Afrika. Dit is ‘n snaar- en blaasinstrument, bestaan uit ‘n riet, ‘n seningdraad en ‘n kalbas as resonator en word met die mond bespeel. Aanvanklik is die gorra gebruik deur die Boesmans en die Khoikhoi, maar mettertyd het die gebruik daarvan onder die meeste swart kultuurgroepe versprei. Daarom staan die gorra onder verskeie name bekend, soos gora, gorah, ghoera, gorá, !goura en lesiba. Weinig mense beskik tans meer oor die vaardigheid om die instrument te bespeel.